Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Eindelik nog spektrum vir selfone - vir Covid-19-tyd

Die regering het eindelik ’n groter radiofrekwensiespektrum vir selfoonmaatskappye beskikbaar gemaak.

Wyer spektrum kan help verseker inligting oor die virussiekte Covid-19 en die regering se maatreëls word wyd versprei.

Ongelukkig sal lisensies vir dié spektrum slegs geldig wees so lank as wat die ramptoestand geld wat aangekondig is vir die bekamping van die Covid-19-virussiekte.

Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid (Okosa) het Maandag in die Staatskoerant bekend gemaak meer spektrum word beskikbaar gestel om te help met die groter aanvraag na data gedurende die staat van inperking. Dis ook om te help verseker inligting oor die virussiekte en die regering se maatreëls word wyd versprei.

Die aankondiging dat daar ’n wyer spektrum beskikbaar gemaak word, is onder die nuwe regulasies wat Maandag uitgereik is.

Die nuwe spektrum word tydelik toegeken op die bandwydtes 700 megahertz (MHz), 800 MHz, 2 300 MHz, 2 600MHz en 3 500 MHz.

Dié tydelike lisensies sal drie maande ná die einde van die noodtoestand of op 30 November vanjaar verval, watter een ook al eerste kom. (Die ramptoestand is op 15 Maart afgekondig, voordat die staat van inperking op 26 Maart begin het en kan voortduur nadat dit beëindig is. Mense moet dus nie uit die regulasies aflei dat die regering reeds daarvoor voorsiening gemaak het dat die inperking tot 30 November gaan duur nie. Tot verdere kennisgewing duur die inperking steeds tot middernag op 16 April.)

Maatskappye wat aansoek wil doen om meer spektrum, moet teen 16:00 op 9 April ’n aansoek na covidata@icasa.org.za stuur.

Okosa laat vaar die gebruiklike prosedures vir die lisensiëring van radiofrekwensiespektrum ten einde die reguleerder in staat te stel om die verwagte toename in vraag na netwerkvermoë en datadienste te behartig.

Okosa het ook bekend gemaak enige lisensiëringsgeld wat op 31 Maart betaalbaar was, is nou eers op 30 Junie betaalbaar.

Meer oor:  Okosa  |  Staat Van Inperking  |  Ramptoestand  |  Internet  |  Koronavirus  |  Data  |  Slimfone  |  Spektrum  |  Inperking  |  Covid-19  |  Tegnologie  |  Selfone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.