Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Ellies Industries finaal gelikwideer

Die hooggeregshof het Maandag ’n bevel vir die finale likwidasie van die elektronika-maatskappy Ellies se filiaal Ellies Industries toegestaan.

Vragmotors wat Ellies-produkte vervoer. Foto: Ellies

Dit kom nadat Ellies in Februarie gewaarsku het hy sal die afdeling moet sluit. Ellies Industries is ’n fabriek met 148 werkers wat van die dekodeerders sou vervaardig wat mense nodig het wanneer hulle na digitale aardtelevisie oorskakel.

Dit is veral die staat se gesloer met die uitrol van dié projek wat volgens Ellies bygedra het tot die besluit om die fabriek te sluit.

Ellies se aandeelprys op die JSE was Maandag onveranderd op 9c.

Ellies het op 12 Februarie aangekondig hy gaan finansiering aan Ellies Industries staak weens die afgelope vyf jaar se swak prestasie van die afdeling. Ellies het wel probeer om ’n koper te vind. Een potensiële koper wat ’n omvattende noulettendheidstudie gedoen het, het toe nooit ’n aanbod gemaak nie. Nog ’n koper wou meer finansiering en sekuriteit hê as wat aangebied is, en dié transaksie het ook deur die mat geval.

’n Bevel vir voorlopige likwidasie is op 24 Februarie deur die hooggeregshof toegestaan.

Ellies Industries was nie ’n volfiliaal van Ellies nie. Die groep het wel ’n beherende belang van 73,68% besit.

Ondanks die probleme by Ellies Industries het die groter groep in die halfjaar tot einde Oktober ’n wins behaal teenoor ’n verlies ’n jaar gelede.

Hoewel hy nie ’n dividend verklaar het nie, het sy nabelaste wins in die halfjaar met 143% tot R12,9 miljoen gegroei, vergeleke met ’n verlies van R30,1 miljoen ’n jaar gelede.

Benewens satellietskottels en dekodeerders lewer Ellies verskeie elektronikaprodukte, soos kabels vir oudiovisuele toerusting, kragopwekkers, beligting, kragproppe en skakelaars, asook toerusting vir sonkragstelsels soos sonpanele, omsetters en batterye.

Meer oor:  Ellies  |  Aardtelevisie  |  Maatskappye  |  Dekodeerders  |  Televisie  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.