Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Elon Musk kies sy eerste ruimtetoeris
SpaceX gaan eersdaags sy eerste ruimtetoeris om die maan stuur. Foto: Getty Images

Die ruimtemaatskappy SpaceX het sy eerste betalende passasier gekry wat ’n vlug om die maan gaan onderneem.

Die naam van dié ruimtetoeris word Maandag bekendgemaak, het die maatskappy in ’n twiet gesê.

Elon Musk, uitvoerende hoof van sowel SpaceX as Tesla, het ’n emoji van die Japanse vlag gedeel as antwoord op ’n vraag of die persoon dalk die maatskappy se eerste betalende ruimtetoeris gaan wees.

Die ruimtetoeris gaan met SpaceX se BFR-lanseervoertuig na die maan en terug reis.

SpaceX en Virgin Galactic van Richard Branson is maar net twee van die maatskappye wat tans probeer om ruimtereise kommersieel beskikbaar te stel. Musk het verlede jaar SpaceX se planne bekend gemaak om twee mense laat in 2018 om die maan te stuur. Nie Musk of SpaceX self het aangedui wanneer dié toeris sy of haar ruimtereis gaan onderneem nie.

Branson het in Julie gesê hy hoop om self voor einde vanjaar aan boord van die Virgin-ruimtetuig na die buitenste ruim te reis. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Spacex  |  Elon Musk  |  Ruimte  |  Ruimtevaart  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.