Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Elon Musk nou ryker as Bill Gates

Elon Musk (49) is nou op een na die rykste persoon in die wêreld nadat sy persoonlike rykdom Dinsdag dié van Bill Gates verbygesteek het.

Musk, uitvoerende hoof van Tesla en SpaceX, se netto waarde het met $7,2 miljard tot $127,9 miljard gestyg danksy Tesla se aandeelprys wat skerp gestyg het.

Musk, wat in Pretoria grootgeword het, se persoonlike rykdom het reeds met $100 miljard sedert die begin van die jaar vermeerder. Dit is die meeste vir enige miljardêr op Bloomberg se lys van die 500 rykste persone in die wêreld.

Musk was in Januarie 35ste op dié lys; nou is hy tweede.

Jeff Bezos, uitvoerende hoof van Amazon, is die rykste persoon in die wêreld.

Dit is die tweede keer in die agt jaar wat Bloomberg sy indeks saamstel dat Bill Gates nie in die eerste of tweede plek daarop verskyn nie.

Elon Musk is nou die wêreld se tweede rykste persoon. Foto: Getty Images

Gates, wat Microsoft begin het, was jare lank in die topposisie voordat Bezos hom in 2017 afgeskop het.

Gates se rykdom sal wel heelwat meer wees as die gerekende $127,7 miljard as dit nie was vir die ruim bydraes wat hy jaarliks maak ten opsigte van liefdadigheid nie.

Hy het sedert 2006 reeds meer as $27 miljard aan sy stigting geskenk wat die geld aan ’n verskeidenheid projekte bestee.

Musk en Gates het nie juis ooghare vir mekaar nie. Musk het Gates voorheen op Twitter gespot omdat hy skynbaar nie elektroniese vragmotors verstaan nie.

Die twee sakemanne het ook al koppe gestamp oor die koronaviruspandemie.

Waar Gates miljoene dollars skenk aan wetenskaplike navorsing voer Musk in die openbaar aan die pandemie is nie so erg soos wat die media voorgee nie.

Die jaar was tot dusver baie winsgewend vir die wêreld se rykste persone. Ten spyte van die pandemie en miljoene mense wat hul werk verloor het, het die rykste 500 persone op Bloomberg se lys se gesamentlike rykdom sedert die begin van die jaar met 23% tot $1 300 miljard gestyg. – Bloomberg

Meer oor:  Amazon  |  Tesla  |  Microsoft  |  Elon Musk  |  Bill Gates  |  Tegnologie  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.