Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Enorme nuwe datasentrum in Johannesburg gebou
’n Massiewe nuwe datasentrum word in Johannesburg gebou. Foto: Unsplash

Dimension Data het begin om sy grootste datasentrum in Afrika in Johannesburg te bou, het die maatskappy Maandag aangekondig.

Die nuwe datasentrum, wat meer as 6 000 m² bruikbare ruimte gaan bevat, word in twee fases naby die O.R. Tambo-lughawe gebou.

Die sentrum sal as Johannesburg 1 Data Centre bekend staan.

Dimension Data is ’n filiaal van die genoteerde Japannese telekommunikasiereus NTT en bedryf reeds 11 datasentrums oor Afrika heen.

Dié datasentrums kan saam tot 10 MW se IT-lading lewer. Johannesburg 1 sal 12 MW se lading kan lewer.

IT-lading verwys onder meer na die hoeveelheid data (dus internetverkeer) wat die sentrum op enige gegewe oomblik sal kan hanteer.

“Die vraag na kapasiteit word aangedryf deur plaaslike en internasionale kliënte se sterk behoefte aan robuuste infrastruktuur oor Afrika heen en sal Dimension Data in staat stel om aan die toenemende vraag te voldoen oor die vasteland heen, sowel as in die Midde-Ooste,” sê Florian Winkler, uitvoerende hoof van datasentrums by NTT vir die Midde-Ooste en Afrika, in ’n verklaring.

’n Datasentrum, soos die een wat Dimension Data nou in Johannesburg bou, is ’n plek waar maatskappye en ander ondernemings rekenaarstelsels stoor, waaronder stelsels wat telekommunikasie bewerkstellig, sowel as stoorruimte verskaf.

Enige verbinding tussen twee netwerke – met ander woorde iets wat op die internet gedoen word soos die kyk van ’n video op YouTube of die stuur van ’n e-pos – moet deur ’n datasentrum beweeg.

LEES OOK: So werk die hartjie van die internet

Dimension Data hoop om die eerste fase van sy nuwe, massiewe datasentrum teen 2022 in bedryf te neem.

Die sentrum sal onafhanklike kragvoorsiening hê, sowel as gevorderde verkoelingstelsels.

Streng sekuriteit sal ook in plek wees om kliënte se infrastruktuur te beskerm.

Meer oor:  Dimension Data  |  Data  |  Datasentrum  |  Tegnologie  |  Internet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.