Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
EOH reik nou eers later sy resultate uit
Stephen van Coller, uitvoerende hoof van die tegnologiegroep EOH. Foto: Lerato Maduna

Die tegnologiemaatskappy EOH Holdings stel die uitreiking van sy tussentydse resultate vir die ses maande tot einde Januarie uit met byna drie weke.

Luidens ’n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens word sy resultate nou eers middel April verwag. Dit sou aanvanklik hierdie komende Dinsdag uitgereik word.

Die uitstel is glo om Megan Pydigadu, die maatskappy se nuwe finansiële hoof, genoeg kans te gee om ’n “finansiële oorsig” af te handel.

Dié oorsig spruit deels uit ’n “verandering in die groep se strategiese rigting”.

EOH se aandeelprys het sedert Januarie skerp gedaal weens voortslepende onsekerheid oor die omvang van beweerde korrupsie met staatskontrakte.

Daar word onder meer beweer dat EOH op ’n onvanpaste wyse ’n kontrak van R120 miljoen met die Suid-Afrikaanse departement van verdediging aangegaan het.

EOH Mthombo, ’n filiaal van EOH, was tot onlangs ’n regstreekse herverkoper van Microsoft-lisensies in Suid-Afrika.

Microsoft het egter sy jarelange ooreenkoms met EOH beëindig in die lig van die beweerde wanpraktyke by die maatskappy.

Twee van EOH se stigters het ook in Februarie uit die maatskappy se direksie bedank.

Luidens Woensdag se Sens-verklaring sal Pydigadu die maatskappy se bates en bestaande projekte eers in oënskou neem as deel van haar oorsig alvorens die halfjaarresultate uitgereik word.

Die maatskappy se ouditeure word ook hierby betrek, sê die verklaring voorts.

“ ’n Oorsig van die balansstaat is ’n integrale deel van die strategiese proses om te verseker dat (die maatskappy se) belegging in verskeie tasbare- en nie-tasbarebates behoorlik gewaardeer word.”

Stephen van Coller is verlede jaar as hoof van EOH aangestel juis om dié sukkelende maatskappy uit sy verknorsing te help.

EOH se aandeelprys was Woensdag amper 4% laer op R15.

Dit het in Februarie in ’n stadium teen R12,72 verhandel.

Meer oor:  Eoh  |  Eoh Holdings  |  Tegnologie  |  Resultate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.