Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
EOH sê gou oor R1,2 mjd. se ‘verdagte’ transaksies
Foto ter illustrasie.

Suid-Afrika se grootste inligtingstegnologiemaatskappy, EOH, sê op 15 Oktober presies wat die finansiële invloed van tenderknoeiery, onetiese sakepraktyke en “verdagte betalings” ter waarde van R1,2 miljard op hom is.

EOH het Donderdagaand in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, gesê die adviesfirma ENSafrica het sy ondersoek na dié gebeure afgehandel.

EOH sê dit blyk dat die ongerymdhede hoofsaaklik beperk is tot kontrakte met die openbare sektor wat deur EOH

Mthombo uitgevoer is, en dat net ’n beperkte aantal werknemers daarby betrokke was.

“ENSafrica het EOH gehelp met die indien van verdere verslae aan die owerhede in ooreenstemming met ons statutêre verslagdoeningsverpligtinge, en het ook begin om strafregtelike aanklagte in te dien en ander regsprosesse van stapel te stuur om verliese te verhaal wat deur die oortreders veroorsaak is,” lui die verklaring.

“EOH het ook nou die huidige en verwagte finansiële invloed van die bevindings geraam en sal die besonderhede daarvan verskaf met die bekendmaking van sy resultate vir die jaar tot einde Julie op 15 Oktober.”

Meer oor:  Eoh  |  Eoh Holdings  |  Bedrog  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.