Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
EOH spring 50% na plan om bates te verkoop
Asher Bohbot, stigter van EOH, is nou nie-uitvoerende voorsitter van die tegnologiegroep.

Die tegnologiemaatskappy EOH se aandeelprys het Dinsdag met 50% gespring ná sy aankondiging dat hy in die komende drie maande tot ’n jaar bates gaan verkoop wat omtrent ’n opbrengs van R1 miljard gaan meebring.

Die groep gaan daarmee sy skuld verminder.

Bloomberg het berig die styging in sy aandeelprys hou verband met die aankondiging oor die bates wat verkoop gaan word.

Die maatskappy het in ’n verklaring gesê hy gaan sy bedrywighede in vier eenhede organiseer en die bates verkoop wat nie binne die nuwe struktuur pas nie.

Lees ook: EOH ly enorme verlies, maar het hoop vir toekoms

“Ons beoog om binne die komende 12 tot 18 maande ons hulpbron-beplanner vir ondernemings (ERP) in die Midde-Ooste en Afrika te verkoop, en ’n aantal ander maatskappye...” het Stephen van Coller, uitvoerende hoof, ná die aankondiging van die groep se resultate vir die halfjaar tot einde Januarie in ’n onderhoud gesê.

Sy aandeelprys het in ’n stadium met meer as 50% tot bo R20 gespring van die vorige dag se sluitingsprys van R13.

Van Coller is verlede jaar aangestel ná aantygings van wanbestuur met die taak om die maatskappy om te keer.

As deel van die plan om bates te verkoop het EOH sy bates herwaardeer en van die waarde met omtrent R1,7 miljard afgeskryf.

Hy het dit toegeskryf aan die nuwe strategie om na die waarde waarteen dit verkoop gaan word te kyk eerder as die langtermyn interne waarde wat dit het.

Netwerk24 het vroeër berig EOH het ’n groot verlies vir die halfjaar tot einde Januarie gely. – Bloomberg, bygewerk

Meer oor:  Verliese  |  Eoh
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.