Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
EOH verkoop firma, kry R444 miljoen

EOH het die daad by die woord gevoeg en van sy bates begin verkoop.

EOH het in April aangekondig dat hy beplan om R1 miljard in te samel deur van sy bates te verkoop.Foto:

Luidens ’n verklaring wat die maatskappy Dinsdag uitgereik het, het hy ’n belang van 70% in Construction Computer Software (CCS) vir R444 miljoen aan die Duitse tegnologiefirma RIB verkoop.

CCS is ’n afdeling van EOH se filiaal EOH Mthombo wat tegnologiedienste vir die konstruksiesektor lewer.

Hoewel EOH vir eers steeds ’n 30%-belang in CCS gaan besit, het hy wel die keuse om dit ná Desember 2022 ook aan RIB te verkoop.

Dié transaksie is die eerste een nadat EOH in April aangekondig het dat hy beplan om R1 miljard in te samel deur van sy bates te verkoop.

Hy wil dié geld gebruik om sy skuld te delg.

Benewens CCS beplan EOH om sy hulpbronbeplanner vir ondernemings (ERP) in die Midde-Ooste en Afrika te verkoop.

Die tegnologiemaatskappy het die afgelope maande die wind van voor gehad nadat hy van korrupsie met staatskontrakte beskuldig is.

Dié bewerings het daartoe gelei dat die Amerikaanse tegnologiereus Microsoft in Maart vanjaar sy jare lange ooreenkoms met EOH Mthombo beëindig het.

EOH Mthombo was ’n groot herverkoper van Microsoft-lisensies in Suid-Afrika.

’n Fluitjieblaser het in November 2018 ’n klag by die Amerikaanse markreguleerder, die Securities and Exchange Commission (SEC), aanhangig gemaak en ook aan Microsoft se direksie geskryf oor beweerde korrupsie met staatskontrakte by EOH.

Dit hou glo verband met ’n kontrak wat EOH by die departement van verdediging gekry het.

Meer oor:  Eoh  |  Eoh Holdings  |  Microsoft  |  Tegnologiemaatskappye  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.