Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
EOH verwag enorme verlies
Die embleem van die inligtingstegnologiemaatskappy EOH.

Die tegnologiemaatskappy EOH verwag ’n enorme verlies vir die halfjaar tot einde Januarie.

Die maatskappy sê in ’n handelsverklaring sy verwagte verlies per aandeel gaan R20,73 wees. Dit is teenoor ’n wesensverdienste van R3,20 ’n jaar tevore.

Sy wesensverlies per aandeel gaan na verwagting R8,72 wees teenoor die wesensverdienste van R3,14 in die ooreenstemmende tydperk.

EOH het ook hersiene syfers vir die boekjaar tot einde Julie bekendgemaak.

Hiervolgens het hy ’n verlies per aandeel van R2,60 gely teenoor die wins per aandeel van R2,02 wat hy voorheen verklaar het.

Hy verklaar vir dié tydperk nou ’n wesensverlies per aandeel van R2,78 teenoor die wesensverdienste van 23c wat hy voorheen verklaar het.

EOH trap die afgelope tyd water nadat daar beweer is hy het op ’n onvanpaste wyse ’n kontrak van R120 miljoen met die Suid-Afrikaanse departement van verdediging aangegaan.

EOH Mthombo, ’n filiaal van EOH, was tot onlangs ’n regstreekse herverkoper van Microsoft-lisensies in Suid-Afrika.

Microsoft het egter sy jarelange ooreenkoms met EOH beëindig weens die beweerde wanpraktyke by die maatskappy.

Twee van EOH se stigters het ook in Februarie uit die maatskappy se direksie bedank.

EOH se aandeelprys het kort ná verhandeling met meer as 8% tot net R10,50 gedaal nadat dié nuus bekend gemaak is.

EOH maak op 16 April sy halfjaarresultate bekend.

Meer oor:  Eoh  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.