Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
EOH wil einde Mei ondersoek afhandel

Die tegnologiegroep EOH hoop om sy ondersoek oor ongerymdhede met staatskontrakte einde Mei af te handel.

Die embleem van die inligtingstegnologiemaatskappy EOH.

Die maatskappy het Woensdag sy omsigtigheidsverklaring hernu en aandeelhouers ingelig ’n verslag sal ná 31 Mei beskikbaar wees. Dit is nie duidelik of die maatskappy bedoel hy gaan dit dan openbaar maak nie.

Die maatskappy se aandeelprys het die afgelope maande skerp geval tot sy laagste vlak sedert 2010 nadat hy onder meer die lisensie verloor het om ’n herverkoper van Microsoft se produkte in Suid-Afrika te wees.

EOH het einde verlede maand aangekondig dit gaan ’n impak van R30 miljoen op sy voorbelaste wins hê.

Microsoft het in Februarie sy ooreenkoms met EOH beëindig nadat ’n fluitjieblaser die maatskappy by die Amerikaanse markreguleerder, die Securities & Exchange Commission, verklik het weens beweerde bedrog.

EOH het ook in Maart die uitreiking van sy tussentydse resultate vir byna drie weke uitgestel.

Meer oor:  Eoh  |  Microsoft  |  Bedrog  |  Kontrakte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.