Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Everyshop maak sy e-handel-deure oop

Nog ’n e-handelaar het sy virtuele deure in Suid-Afrika geopen.

Everyshop is die jongste aanlyn winkel in Suid-Afrika. Foto: Everyshop

Everyshop is deel van JD Group, ’n afdeling van Pepkor, wat ook kleinhandelkettinggroepe soos Incredible Connection en HiFi Corp in sy stal het.

Everyshop is reeds in bedryf en bied ’n wye verskeidenheid van 500 van die wêreld se voorste handelsname in onder meer tegnologieprodukte, rekenaars en ander toestelle.

Dit verskaf ook huishoudelike goedere soos meubels, matrasse en toestelle van Rochester, Sleepmasters, Bradlows en Russells.

Dit bied produkte in tien hoofkategorieë – vermaak, mode, gesondheid en skoonheid, huis, werk en studie, projekte en selfdoen, leefstyl en ontspanning, fiksheid, selfone en kinders.

Die koronaviruspandemie was ’n hupstoot vir aanlyn aankope en dit het JD Group laat besluit om nuwe maniere te vind om sy klante te bedien.

Onder e-handelaars gaan die onderskeiding wees wie se aflewering – en dus klanttevredenheid – die beste gaan wees.

Everyshop het sterk rugsteun van JD Group met ’n nasionale netwerk van 16 verspreidingsentrums wat tuisaflewerings doen met sy eie logistieke vloot en koeriervennote.

Aflewering is landwyd beskikbaar en sal van Maandag tot Vrydag gedoen word, uitgesluit openbare vakansiedae.

Afhangend van oorsprong en bestemming, kan ’n vertraging van 24 uur ondervind word by aflewering in die afgeleë gebiede.

Betaalopsies sluit in debiet-, krediet- en tjekkaarte, Maestro- en Visa Electron-debietkaarte, Discovery Miles, Visa Checkout, MasterPass, Call Pay, PayU Wallet en Everyshop-geskenkkaarte.

Everyshop het nie tans enige punte waar mense self hul aankope kan gaan haal nie, maar sulke punte word wel vir die nabye toekoms beplan.

Everyshop bied ’n openingspromosie op verskeie items aan.

Meer oor:  Takealot  |  Jd Group  |  Pepkor  |  E-Handel  |  Kleinhandel  |  Tegnologie  |  Aanlyn Inkopies  |  Kleinhandelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.