Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Facebook dalk binnekort ook gedagvaar

Facebook is waarskynlik een van die dae in dieselfde bootjie as Google.

Die Amerikaanse owerhede beoog om teen November ’n klag van onmededingende gedrag teen dié sosiale netwerk, die wêreld se grootste, in te dien.

Google is verlede week deur dieselfde departement gedagvaar en word daarvan beskuldig dat hy die mark vir aanlyn soekenjins en advertensies op ’n onmededingende wyse oorheers.

Volgens die Washington Post, wat anonieme persone met kennis van die saak aanhaal, het die Federale Handelskommissie Donderdag vergader om die moontlike klag te bespreek.

Verskeie state se prokureurs-generaal is ook deel van ’n ondersoek na Facebook se moontlike bedreiging vir mededingers.

Die datum waarop die klag teen Facebook ingedien gaan word, kan waarskynlik nog verander, maar gesprekke daaroor is in ’n “gevorderde stadium”.

Mark Zuckerberg, die uitvoerende hoof van Facebook. Foto: Getty Images

Facebook, die handelskommissie en die kantoor van New York se prokureur-generaal (wat die ondersoek lei) kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Mark Zuckerberg, Facebook se hoof, is in Augustus deur die ondersoekspan van die handelskommissie ondervra as deel van die regering se ondersoek na die maatskappy.

Soortgelyke ondersoeke deur die departement van justisie en die prokureurs-generaal is ook al afgehandel.

Die ondersoek gaan spesifiek oor Facebook se praktyke wat betref sy digitale dienste, aanlyn advertensies en sy apps.

Die maatskappy het in Julie 2019 ingestem om ’n rekordboete van $5 miljard te betaal in ’n afsonderlike saak van die handelskommissie rakende die wyse waarop hy met gebruikers se private inligting omgaan.

Intussen moet Google teen 19 Desember reageer op die departement van justisie se klag teen hom.

LEES OOK: Google in die spervuur: Hieroor gaan dit

Die departement voer in ’n lywige klagstaat van 57 bladsy aan dat Google ooreenkomste met verskeie maatskappye, waaronder Apple, aangegaan het om sy oorheersing in die mark te versterk. Google beskou die klag teen hom as “erg gebrekkig”. – Reuters, bygewerk

Meer oor:  Google  |  Facebook  |  Tegnologie  |  Ondersoek  |  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.