Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Facebook-diefstal: 14 m. mense in SA geraak

Die meeste Suid-Afrikaners met ’n Facebook-rekening was deel van die onlangse “inbraak” waardeur inligting soos foonnommers gesteel is.

Persoonlike inligting van 533 miljoen Facebook-gebruikers wêreldwyd is gesteel en verkoop, soos berig deur Business Insider.

Volgens MyBroadband het Surfshark, ’n verskaffer van virtuele private netwerke (VPN’s), pas in ’n ondersoek na die Facebook-voorval onthul dat Suid-Afrika onder die tien lande is waar die gebruikers se data gesteel is.

Luidens die verslag is 14 323 766 Suid-Afrikaners se profiel deel van die inligting wat uitgelek is. Egipte is eerste op die lys, met 45 183 147, en Italië tweede met 35 677 337 profiele wat geraak is.

Facebook het in ’n blog gesê die ou data is nie gesteel nie, net “geskraap” van hul stelsel, wat skrale troos vir gebruikers is.

’n Data-inbraak is wanneer data per ongeluk in ’n kwesbare stelsel blootgestel word, gewoonlik as gevolg van onvoldoende toegangsbeheer of swakhede in die sagteware.

Volgens die webwerf NapoleonCat het Suid-Afrika 17,6 miljoen Facebook-gebruikers gehad toe Facebook die probleem met die inligting-inbraak opgelos het. Daar is dus ’n goeie kans dat meer as 81% van alle Suid-Afrikaners wat in Augustus 2019 ’n Facebook-rekening gehad het, geraak is.

Soos voorheen deur Netwerk24 berig is, kan jy uitvind of jou inligting deel was van die inbraak deur jou e-posadres of foonnommer op die webwerf Have I been Pwned in te tik. Dit sal dan aandui of jou inligting uitgelek is, waar en ook watter inligting.

In die Facebook-skraping is inligting geskraap wat grootliks deel is van mense se openbare profiel.

Al was jy ook nie deel van die inbraak nie, sal dit ’n goeie idee wees om steeds jou wagwoord vir aanlyn profiele gereeld te verander.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.