Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Facebook hof toe gesleep oor SMS’e, oproepe
Die wêreld se grootste sosiale netwerk, Facebook, word deur die een skandaal na die ander getref. Foto: Reuters

Drie gebruikers van Facebook Messenger het Dinsdag ’n klag teen die maatskappy aanhangig gemaak waarin hulle aanvoer die sosiale netwerk het hul privaatheid geskend deur boek te hou van hul oproepe en SMS’e.

Die Amerikaanse regsgeding, wat in die federale hof in Kalifornië ingedien is, probeer die status verhef tot dié van ’n klasaksie namens alle gebruikers wat deur die privaatheidskending geraak is. Dit is nie bekend hoeveel die groep in skadevergoeding eis nie.

’n Verteenwoordiger van Facebook kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Die maatskappy, wat in die laaste week gebuk gaan onder ’n skandaal oor die manier waarop hy met gebruikers se data omgaan, het Sondag erken dat dit ook besonderhede van gebruikers se oproepe en boodskappe aanteken, maar glo net as die gebruikers toestemming daartoe verleen het.

Dit is ook net Android-gebruikers wat deur dié datainsameling geraak word.

Die maatskappy het beklemtoon hy versamel nie die inhoud van die oproepe of boodskappe nie, en verkoop ook nie die data aan derdepartye nie.

Android word deur Google besit; die maatskappy word nie as ’n verweerder in die hofsaak aangedui nie. - Reuters

Meer oor:  Facebook  |  Tegnologie  |  Hofgeding  |  Sosiale Media  |  Privaatheidskending
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.