Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
50 miljoen Facebook-rekeninge loop deur onder krakers

Kuberkrakers het toegang tot sowat 50 miljoen Facebook-rekeninge gehad weens ’n veiligheidsbreuk.

Die Facebook-maatskappy het Vrydag aangekondig hulle het ’n veiligheidsprobleem ontdek wat kuberkrakers toegang tot inligting gegee het wat hulle kon toelaat om nagenoeg 50 miljoen rekeninge oor te neem, berig CNBC.

“Ons neem dit baie ernstig op,” het Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook, gesê.

Die kuberkrakers het glo die “View As”-funksie op Facebook gemanipuleer vir die kuberkaping.

Dié funksie op Facebook laat verbruikers toe om hul eie Facebook-blad te aanskou soos hul blad deur ander Facebook-verbruikers gesien word, berig Variety.com.

Die “View As”-funksie kan blykbaar uitgebuit word om toegangskodes te steel en só rekeninge oor te neem.

Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook.

Facebook het op 16 September van die moontlike kuberaanval bewus geword toe ’n toename in die gebruik van die funksie opgelet word.

Dié funksie is sedertdien opgeskort.

Die toegangkodes van die ongeveer 50 miljoen rekeninge wat deur kuberkrakers geneem is, is deur Facebook herset.

As voorsorgmaatreël het die maatskappy ’n verdere 40 miljoen rekeninge se toegangskodes herset. Dié rekeninge het oor die afgelope jaar die “View As”-funksie gebruik.

Die herset sal daartoe lei dat ’n rekenaar of toestel nie die verbruiker se wagwoord onthou nie en die verbruiker weer die wagwoord sal moet invoer.

Dié verbruikers wat hierdeur geraak is, sal ’n kennisgewing op hul Facebook-blad ontvang, wat die situasie verduidelik.

Die maatskappy het gesê dit is nie nodig vir verbruikers om hul wagwoorde te verander nie.

Die veiligheidsbreuk was teen Donderdagaand herstel en die voorval is by wetstoepassers, insluitende die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) en Ierse data-beskermingskommissie, aangemeld.

Dit is tans onbekend wie agter die voorval is en waar die kuberkrakers geleë is.

Meer oor:  Facebook  |  Mark Zuckerberg  |  Tegnologie  |  Kuberkrakers  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.