Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Facebook ontknoop? Dis ingewikkeld
Amerikaanse owerhede wil hê dat Facebook ontknoop moet word. Foto: Argief

Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook, en sy kollegas se ergste nagmerrie het waar geword.

Die federale handelskommissie in die VSA het verklaar dat die sosialemedianetwerk ’n onwettige monopolie is en ontknoop moet word.

Die kommissie, en 40 van die land se deelstate, het Woensdag twee hofsake aanhangig gemaak waarin hulle eis Instagram en WhatsApp ontknoop word. Dit is omdat dié twee verkrygings deur Facebook hom glo toegelaat het om ’n ongekende mag oor die wêreldwye kommunikasie en kultuur te bekom.

Facebook stem nie saam nie, en sê die transaksies om die Instagram en WhatsApp te bekom, is reeds jare gelede in 2012 en 2014, afgehandel. Boonop het die owerhede toe die verkrygings toegelaat.

Facebook sê die regering kan nie nou omdraai en sê dit moet ongedaan gemaak word nie.

Facebook gaan waarskynlik ook aanvoer dat die platforms nie meer verskillende entiteite is nie, en so opwindend as wat dit klink om hulle te ontknoop, sou dit tegnies ongelooflik moeilik wees.

Alhoewel gebruikers die produkte duidelik onderskei, deel dit rugsteunbronne vir infrastruktuur (rekenaarbedieners en netwerke), advertensies, bedrywighede en meer.

Die integrasie van Instagram en WhatsApp in die groter Facebook-argitektuur het vinnig plaasgevind, alhoewel Zuckerberg die stigters van die maatskappye verseker het dat hulle relatiewe onafhanklikheid sou handhaaf.

  

Instagram

Net nadat Instagram in September 2012 deur Facebook gekoop is, het die foto-deel-app op sy “ouer” vir basiese funksies soos strooiposfilters, inhoudsmoderering, regshulp en die vertaling van die app in ander tale begin vertrou.

Dit het Instagram se tegniese span jare geneem om al sy foto’s van die Amazon-wolkberging na Facebook se datasentrums oor te dra.

En hoewel Instagram aanvanklik van plan was om sy eie advertensieprodukte te bou, het Zuckerberg sedert 2015 druk op hom geplaas om dieselfde advertensiekoopstelsel as Facebook te gebruik.

Verskeie Instagram-produkte, soos IGTV en Shop, is ook gebou op ’n manier wat kode van Facebook-produkte leen.

  

WhatsApp

WhatsApp maak ook staat op Facebook vir infrastruktuur. Dit het hom gehelp om twee miljard gebruikers te lok.

WhatsApp is ook van Facebook vir inhoudsmoderering afhanklik. Om die waarheid te sê, aangesien die boodskappe van die app geënkripteer is, sodat nie eens die maatskappy dit kan lees nie, word sluwe gebruikers van die stelsel geboender met behulp van kunsmatige intelligensie, wat weer gegrond is op telefoonnommers wat aan rekeninge op Facebook en Instagram gekoppel is.

Die stigters van Instagram en WhatsApp het Facebook albei in 2018 verlaat omdat hulle gevind het dat outonomie nie by die maatskappy moontlik was nie.

Daarna het Facebook die produkte nog verder geïntegreer.

’n Ambisieuse projek wil die kletsfunksies op WhatsApp, Instagram en Facebook Messenger laat saamsmelt.

In plaas van ’n groep verskillende platforms het Zuckerberg in wese ’n massiewe netwerk geskep, met min onderskeid tussen ’n Instagram- of WhatsApp-gebruiker. Hy sien almal as gebruikers van Facebook, ongeag watter portaal hulle gebruik.

Die vraag is dus of dit moontlik, of redelik, sal wees om aan te dring dat die dele weer opgebreek word.

Meer oor:  Whatsapp  |  Facebook  |  Instagram  |  Mark Zuckeberg  |  Vsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.