Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Facebook skep klets-app spesiaal vir paartjies
Facebook het ’n nuwe app spesiaal vir paartjies geskep. Foto: Facebook

Facebook, die eienaar van Messenger, Instagram en WhatsApp, het nóg ’n kletsapp geskep, dié keer spesiaal vir paartjies.

Tuned is vir nou nog net in Amerika en Kanada op Apple-toestelle beskikbaar. Dit is nog nie bekend wanneer Facebook dit ook in ander lande beskikbaar sal stel nie.

Met Tuned kan paartjies gedigte, liefdesbriefies, video’s en musiek aan mekaar stuur.

Die mikpunt is om ’n “private plek” te skep waar paartjies idees, boodskappe en ander dinge kan kwytraak wat net die ander persoon sal sien.

Hierdie gesprekke sal egter nie gekodeer wees nie, wat beteken dit kan tegnies deur Facebook of kuberkrakers onderskep word.

Gesprekke op Messenger en Instagram is ook nie gekodeer nie, so dit is eweneens ’n risiko om sensitiewe inligting op daardie platforms te deel.

Gesprekke op WhatsApp is wel gekodeer, wat beteken net die bedoelde ontvanger van ’n boodskap kan dit lees.

Facebook het reeds in 2018 aangekondig hy betree die mark van aanlyn afsprake.

Sy afspraak-app, wat soortgelyk is aan Tinder of Bumble, is reeds in 20 lande beskikbaar, maar nie in Suid-Afrika nie.

Tuned sal as ’n afsonderlike app bedryf word en is gemik op mense wat reeds verlief is, eerder as op persone wat soek na liefde.

Meer oor:  Facebook  |  Tegnologie  |  Kletsdiens  |  Kletsapps
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.