Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Facebook sluit duisende uit – ook in SA

Facebook het Woensdagmiddag begin om gebruikers wêreldwyd uit te sluit, en in baie gevalle nie weer in staat te stel om aan te meld nie.

Volgens die webblad downdetector.co.za blyk Facebook veral in Europa probleme te gee, met ’n merkbare hoeveelheid gebruikers wat ook in Suid-Afrika kleitrap.

Die een oomblik werk jou Facebook nog soos normaal en die volgende oomblik meld jy outomaties af.

Sommige gebruikers kan dan weer aanmeld, maar ander se wagwoorde word nie aanvaar nie.

Facebook se funksie om jou wagwoord te verander, blyk ook vir baie gebruikers nie te werk nie.

Dié probleme is skynbaar ook beperk tot Facebook op ’n webblaaier en beïnvloed nie Facebook se app nie, aldus baie gebruikers op Twitter wat daaroor kla.

Facebook het in September byna 90 miljoen gebruikers uit hul rekeninge gesluit as voorsorgmaatreël nadat 50 miljoen gebruikers se inligting weens ’n veiligheidsprobleem onthul is.

Facebook self het nog nie kommentaar gelewer op die probleem op Twitter of hul blog nie.

Meer oor:  Facebook  |  Tegnologie  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.