Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Facebook spioeneer glo deur Instagram op mense

Facebook word alweer gedagvaar.

Hierdie keer word die maatskappy daarvan beskuldig dat hy onregmatig toegang verkry het tot Instagram-gebruikers se selfoonkameras en só op hulle gespioeneer het.

’n Klag is Donderdag by die federale hof in San Francisco in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië ingedien.

Volgens mediaberigte in Julie het die Instagram-app op iPhones toegang gehad tot die toestel se kamera, selfs al was die kamera nie in gebruik nie.

Facebook, wat Instagram besit, word daarvan beskuldig dat hy deur die app op gebruikers gespioeneer het. Foto: Unsplash

Facebook, wat Instagram besit, ontken dat hy doelbewus op sy gebruikers gespioeneer het en sê daar was ’n fout in Instagram se programmering.

Volgens Facebook het gebruikers se iPhones aangedui dat Instagram die kamera gebruik, terwyl die app dit nie regtig doen nie. Die fout is glo intussen reggestel.

Brittany Conditi, ’n gebruiker van Instagram, voer egter in hofstukke aan dat Facebook die kamera doelbewus gebruik om “winsgewende en waardevolle data oor sy gebruikers in te samel waartoe hy nie andersins toegang sou hê nie”.

Deur “uiters private en intieme persoonlike inligting oor hul gebruikers te bekom, onder meer in die privaatheid van hul eie wonings”, kan Instagram en Facebook volgens die klagstaat “waardevolle insigte en marknavorsing” insamel.

Facebook wou nie kommentaar lewer nie.

In ’n afsonderlike saak word hy ook daarvan beskuldig dat hy onwettig van gesigsherkenningstegnologie gebruik gemaak het om die biometriese data van meer as 100 miljoen Instagram-gebruikers in te samel.

Facebook het dit ook ontken en gesê Instagram gebruik nie gesigsherkenningstegnologie nie.

Meer oor:  Facebook  |  Instagram  |  Tegnologie  |  Spioenasie  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.