Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Facebook verwyder 3,2 mjd. vals profiele

Facebook het 3,2 miljard vals profiele en miljoene onsedelike inskrywings tussen April en September verwyder.

Luidens ’n verslag wat die maatskappy Woensdag uitgereik het, het hy etlike miljoene foto’s en video’s verwyder wat kindermishandeling, geweld, seksueel eksplisiete inhoud en uitbeeldings van selfdood bevat.

Die aantal vals profiele wat verwyder is, het verdubbel vergeleke met ’n jaar gelede toe om en by 1,5 miljard vals profiele verwyder is.

Facebook het ook die eerste keer verklap hoeveel inskrywings hy van sy gewilde foto-app Instagram verwyder het.

Meer as 750 000 foto’s is tussen April en September van Instagram verwyder omdat dit die diens se bepalings en voorwaardes oortree het.

Facebook, wat Instagram en WhatsApp besit, het ook aangedui dat hy proaktief inskrywings van “terreurorganisasies” uitvee nog voordat dit iewers op sy platforms verskyn.

Die maatskappy kon in 98,5% van die gevalle daarin slaag om sulke inskrywings van Facebook te verwyder voordat enigiemand dit aangemeld het.

Dieselfde geld 92,2% van gevalle op Instagram.

Nóg inhoud wat verwyder is, sluit in:

  • 11,6 miljoen foto’s wat beskou word as kinderpornografie.
  • 2,5 miljoen inskrywings wat volgens Facebook selfdood aanmoedig of uitbeeld.
  • 4,4 miljoen gevalle waar dwelms op Facebook gesmous word.
Meer oor:  Facebook  |  Tegnologie  |  Internet  |  Kinderpornografie  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.