Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Facebook (weer) vir miljoene gedagvaar oor Instagram
Instagram word deur Facebook besit en bedryf. Foto: Unsplash

Facebook word al weer vir die beweerde insameling van gebruikers se biometriese data sonder hul toestemming voor stok gekry.

Dié keer is Instagram, wat deur Facebook besit word, in die visier.

Facebook het net ’n maand gelede ingestem om $650 miljoen te betaal in ’n skikkingsooreenkoms in ’n afsonderlike saak, waarin hy beskuldig is dat hy gebruikers van sy Facebook-diens se biometriese inligting onwetend insamel.

In die jongste saak, wat Maandag by ’n hof in Redwood City in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië ingedien is, word beweer dat Facebook finansieel voordeel getrek het uit die biometriese data van meer as 100 miljoen Instagram-gebruikers en dat die maatskappy hierdie data sonder hul medewete ingesamel en gestoor het.

Dit is ’n oortreding van die privaatheidswette in die deelstaat Illinois wat die ongemagtigde insameling van biometriese data verbied.

Kragtens die wetgewing kan Facebook gedwing word om tot $1 000 per oortreding te betaal, of tot $5 000 indien bevind word dat die maatskappy roekeloos of met opset opgetree het.

Facebook het eers aan die begin van 2020 Instagram-gebruikers begin inlig dat hy hul biometriese data versamel.

Die maatskappy het nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

Meer oor:  Facebook  |  Instagram  |  Privaatheid  |  Tegnologie  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.