Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Fetisj-produkte aan ‘desperate’ hospitale geskenk
’n Britse onderneming wat onder meer mediese oorpakke as ’n fetisj-produk verkoop, het dit aan die NHS geskenk.

MedFet, ’n Britse aanlyn winkel vir mense met ’n seksuele fetisj vir mediese toerusting, gaan baie van sy voorraad aan die land se nasionale gesondheidsorgdiens (NHS) skenk.

MedFet sê in ’n verklaring die NHS het hom “uit desperaatheid” gekontak en gevra of die winkel kan help om noodsaaklike items soos beskermende klere aan sy personeel te verskaf.

Die maatskappy het ingestem en het reeds van sy voorraad mediese oorpakke by ’n hospitaal in die suide van Engeland afgelewer, berig Newsweek.

MedFet het die Britse regering later op Twitter uitgetrap omdat die NHS ’n winkel vir fetisj-produkte moes kontak omdat die regering hom nie van die nodige toerusting voorsien het nie.

“Dis ’n leuen as iemand van die regering sê die NHS kry wat hy benodig. ’n Verteenwoordiger van die NHS het ons vandeesweek gekontak om basiese beskermende toerusting en klere te bekom. Iets is fout as die NHS op ’n klein maatskappy moet staatmaak om toerusting te bekom.”

MedFet verkoop onder meer voorskote en chirurgiese toerusting wat deur “ ’n klein segment van die samelewing met ’n fetisj daarvoor” gebruik word, sê hy.

Meer as 22 000 mense in Brittanje het reeds die virussiekte Covid-19 en meer as 1 400 is reeds daaraan dood.

Meer oor:  Hospitaal  |  Koronavirus  |  Toerusting  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.