Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Fitbit-app werk weer!
Fitbit se data sinchroniseer weer tussen jou fiksheidsbandjie en die app nadat daar Donderdagoggend probleme was.

Vir so vier uur lank kon fiksheidsfanatici met Fitbit-bandjies Donderdag nie hul hartklop, aktiewe ure of kalorieverbranding op die Fitbit-app monitor nie.

Maar voordat almal ’n hartaanval kon kry, is die probleme uitgestryk. (En gebruikers van die Apple Watch kan nou maar ophou om hulle in die Fitbit-probleme te verlekker!)

Lees ook: Die Apple Watch raak net beter

Daar was vanaf Donderdagoggend omstreeks 07:00 probleme met Fitbit se app. Dit het beteken dat die app nie met Fitbit-gesondheidsbandjies gesinchroniseer het nie.

Dis egter kort ná 11:00 opgeklaar en inligting is weer gesinchroniseer.

Die probleme is wêreldwyd ondervind, volgens DownDetector se regstreekse kaart oor waar dienste probleme gee. Daar was ’n liggeel kol in Suid-Afrika, maar dit kan bloot wees omdat min mense daaroor gekla het.

DownDetector se kaart beeld die aantal klagtes wêreldwyd uit oor Fitbit se app.

Dit het volgens DownDetector se grafiek oor probleme wat aangemeld word, gelyk dat dit omstreeks 07:00 (Suid-Afrikaanse tyd) begin het. In een stadium is 46 klagte op een slag aangemeld.

Die skerp styging in klagtes vanoggend op DownDetector oor Fitbit se app.

Fitbit het op sy webapp gesê mense hoef nie bekommerd te wees nie – hul treë word steeds op die gesondheidsbandjie getel en die data sal na die app oorgedra word sodra die probleme uitgestryk is.

Verskoon ons, ons moet net gou ’n paar treë gaan gee noudat dit weer op die app wys!

Die boodskap op Fitbit se web-app vanoggend.


Meer oor:  Fitbit  |  Oefening  |  Fiksheidsbandjies  |  Fiksheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.