Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Fitbit: Kommer as Google dié data bekom

Die verkryging van Fitbit deur Google moet deur internasionale reguleerders gefynkam word. Dit sal Google in staat stel om sy reeds oorheersende posisie in digitale markte te versterk, sê organisasies bemoeid met privaatheid en verbruikersake.

Google het al in November verlede jaar ’n ooreenkoms beklink om Fitbit te koop. Foto: Fitbit

’n Koalisie van 20 organisasies het Donderdag hul kommer in ’n verklaring uiteengesit wat aan mededingingsowerhede in sewe jurisdiksies, insluitend Amerika en die Europese Unie (EU), gestuur is.

Die verkryging word later in Julie oorweeg.

“Dit sal ’n toetssaak wees vir hoe reguleerders die enorme mag van tegnologiereuse oor die digitale ekonomie behartig, asook hul vermoë om hul ekostelsels onbeheers uit te brei,” lui die verklaring.

Die EU moet teen 20 Julie oor die verkryging ter waarde van $2,1 miljard beslis. Die beslissing kan met vier maande uitgestel word indien gevoel word dit moet dieper ondersoek word.

Die Amerikaanse departement van justisie ondersoek die transaksie en in Australië het die mededingingsowerhede hul kommer daaroor uitgespreek dat Google deur die verkryging toegang tot mense se gesondheidsinligting gaan kry.

Google het Woensdag in ’n verklaring gesê die transaksie “gaan oor toestelle, nie data nie”.

“Die ruimte vir draagbare tegnologie is baie beknop en ons glo die kombinasie van Google en Fitbit se apparatuur sal mededinging in die sektor verhoog, tot voordeel van verbruikers, en sal die volgende generasie toestelle beter en meer bekostigbaar maak.”

Google se plan om Fitbit te koop is reeds in November verlede jaar aangekondig.

Google word reeds in die VSA ondersoek om te sien of hy digitale advertensiemarkte onwettig oorheers.

Die verbruikersgroepe vrees dat Google se verkryging van Fitbit, wat nagenoeg 30 miljoen gebruikers het, sy bestaande mag in digitale markte na gesondheidsorg gaan uitbrei en potensieel nuwe mededinging ondermyn.

Die groepe sluit die Omidyar Network, die Open Society European Policy Institute, Privacy International en die Australian Privacy Foundation in. Die verklaring is ook aan reguleerders in Brittanje, Kanada, Australië, Mexiko en Brasilië gestuur. – Bloomberg

Meer oor:  Google  |  Fitbit  |  Oefening  |  Tegnologie  |  Fiksheidsbandjies  |  Gesondheid  |  Data  |  Apps
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.