Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Fliekkanale op DStv gesnoei

DStv gaan sy aanbod fliekkanale verminder, het die betaaltelevisiediens Vrydag aangekondig.

Die ses fliekkanale van M-Net word tot vier verminder. Foto: Unsplash

Die ses fliekkanale van M-Net word tot vier verminder, wat ook eenvoudig net M-Net Movies 1 tot M-Net Movies 4 genoem gaan word.

Dit beteken DStv doen weg met sy bestaande aanbod eie fliekkanale, naamlik M-Net Movies Premiere, Action Plus, Action, Smile, Zone en All Stars.

Die skuif is kwansuis om sy aanbod fliekkanale meer vaartbelyn en “sonder fieterjasies” te maak, sê die betaaltelevisiediens in ’n verklaring.

“Dit was sinvol om ses fliekkanale te bedryf toe die kanale jare gelede ingestel is, maar onlangse kommentaar en versoeke van ons gehoor het getoon dis nodig om die aanbod te hersien,” sê Mark Rayner, uitvoerende hoof van MultiChoice in Suid-Afrika.

MultiChoice besit en bedryf DStv.

Kykers kla gereeld oor die oneindige herhalings op DStv se fliekkanale, wat waarskynlik genoodsaak word omdat al die kanale 24 uur per dag van inhoud verskaf moet word.

Wie kan wat kyk?

  • Al vier die nuwe fliekkanale van M-Net sal aan intekenare van DStv se duurste Premium-pakket beskikbaar wees.
  • Intekenare van die Compact-pakket kry toegang tot M-Net Movies 3 en M-Net Movies 4.
  • Intekenare van die Family- en Access-pakkette kry toegang tot M-Net Movies 4.

Wat is op elke kanaal?

Die inhoud van die verskillende kanale is as volg:

  • M-Net Movies 1 (DStv-kanaal 104): Al die jongste lokkettreffers, animasierolprente en romantiese komedies.
  • M-Net Movies 2 (DStv-kanaal 106): Aksierolprente, avontuur en rillers.
  • M-Net Movies 3 (DStv-kanaal 107): Superheldflieks, klassieke rolprente, wetenskapsfiksie en fantasie.
  • M-Net Movies 4 (DStv-kanaal 108): Franchises en opvolgrolprente van gewilde lokkettreffers.

Afrikaanse flieks

Afgesien van die skommelinge aan sy Engelse aanbod fliekkanale, het DStv ook bevestig die eens tydelike Afrikaanse fliekkanaal FliekNET (DStv-kanaal 149) gaan van 1 September die permanente tuiste word van nuwe en klassieke Afrikaanse rolprente, kortrolprente en dokumentêre.

FliekNET is net aan intekenare van DStv se Premium-pakket beskikbaar.

Meer oor:  Dstv  |  Multichoice  |  Tegnologie  |  Televisie  |  Betaaltelevisie  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.