Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
FNB Connect gee gratis data, verlaag pryse
FNB gee intekenare van FNB Connect 1 GB gratis data. Foto: Getty Images

FNB Connect, wat selfoondienste spesifiek aan FNB-kliënte verskaf, gaan oor die naweek 1 gigagreep (GB) data gratis aan al sy intekenare gee om tydens die staat van inperking in verbinding met hul families en vriende te bly.

Dié gratis hoeveelheid data is bo en behalwe enige ander gratis toelae wat intekenare van kwalifiserende FNB-rekeninge ontvang.

“Toegang tot bekostigbare en gratis data help ons kliënte om deur hierdie moeilike tyd te kom,” sê Raj Makanjee, hoof van FNB se afdeling vir handelsdienste.

Intussen sny FNB ook die prys van verskeie databondels, met sommige wat tot 55% goedkoper word.

Die nuwe pryse is reeds van krag:

  • 1 GB data kos nou R59 (44% minder as voorheen).
  • 500 MB data kos nou R39 (51% minder as voorheen).
  • FNB se 300 MB-bondel kos nou R29 (55% goedkoper as voorheen).
  • Groter bondels soos dié vir 5 GB, 10 GB en 20 GB het minder gedaal in prys, maar is alles steeds minstens 15% goedkoper as voorheen.

FNB se prysverlaging is in pas met ander diensverskaffers wat ook in die laaste paar weke soortgelyke aankondigings gedoen het.

Sowel Vodacom as MTN het prysverlagings aangekondig wat van vandeesmaand geld.

Telkom en Cell C het egter nie hul pryse verlaag nie.

Meer oor:  Fnb  |  Data  |  Diensverskaffer  |  Datapryse  |  Tegnologie  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.