Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Swart Vrydag: FNB reg vir 15% méér transaksies

FNB verwag 4,5 miljoen méér transaksies gaan van Swart Vrydag tot Kuber-Maandag deur sy bank plaasvind, maar hy het genoeg kapasiteit om nie te knak nie.

Banke en e-handelaars se stelsels word dikwels deur die invloed inkopies op Swart Vrydag oorweldig.

Swart Vrydag is ’n reusepromosiedag wat kleinhandelaars bemark om verkope te verhoog en dit gaan gewoonlik met nog promosies op die Saterdag en Sondag gepaard. Die Maandag is Kuber-Maandag gedoop en is daarop gerig om klante aan te moedig om aanlyn inkopies te doen.

Thokozani Dlamini, uitvoerende hoof van FNB se handelaarsdienste, sê die bank het die afgelope drie jaar ’n wesenlike toename in die volume van transaksies tussen Swart Vrydag en Kuber-Maandag gesien.

Die transaksies op Swart Vrydag het verlede jaar vergeleke met 2017 met 16% toegeneem.

Die totale getal transaksies het 29,9 miljoen beloop.

Op Swart Vrydag alleen is daar 10 miljoen transaksies deur die betalingstelsels van die bank verwerk.

Volgens Dlamini word ’n 15%-toename in die transaksies van 29 November af tot 2 Desember verwag.

Die transaksies met kaarte en transaksies aanlyn en binne apps neem gedurende die tydperk toe.

Die meerderheid van die besteding vind nog met kaarte plaas.

Volgens Dlamini word verwag dat aankope aanlyn en op apps sterk groei gaan toon, soos in die verlede en in ooreenstemming met die toenemende aanvaarding van aanlyn winkels.

Die afgelope twee jaar het transaksies sonder kaarte met 26% jaar tot jaar gegroei, terwyl kaarttransaksies met 14% gestyg het.

Takealot bly steeds een van die toptien handelaars waar FNB se kliënte die meeste transaksies op Swart Vrydag doen.

Volgens Dlamini versprei kleinhandelaars hul promosies oor twee tot drie dae voor Swart Vrydag in ’n poging om die getal transaksies te hanteer omdat van die stelsels in die verlede op die dag geknak het vanweë die groot toename van transaksies.

“Ons glo Swart Vrydag en Kuber-Maandag sal ’n sukses wees. Ons het genoeg kapasiteit om die verwagte verhoging in transaksies oor die tydperk te hanteer,” het hy gesê.

Meer oor:  Fnb  |  E-Handel  |  Banke  |  Bankdienste  |  Tegnologie  |  Inkopies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.