Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
FNB-kliënte kan nou ook Apple Pay gebruik

Apple Pay is uiteindelik nou ook beskikbaar vir FNB-kliënte.

FNB het nou Apple Pay. Foto: FNB

Die virtuele beursie van Apple is reeds van Maart af beskikbaar vir kliënte van Nedbank, Absa en Discovery Bank. Dit is ook eers sewe jaar nadat die funksie in Amerika bekendgestel is.

Nietemin, nou het FNB-kliënte ook toegang tot Apple Pay as ’n veiliger en meer private manier om te betaal. Met verbruikers wat nie meer fisieke kaarte hoef te dra nie, is dit ook baie meer higiënies, veral met die Covid-19-pandemie wat steeds erg woed.

Volgens FNB gebruik meer as ’n miljoen kliënte die iOS-weergawe van die FNB-app. Hulle kan nou doodeenvoudig hul kaart by Apple Pay voeg of bloot die Wallet-app oopmaak om hul FNB-kaarte by te voeg.

Raj Makanjee, uitvoerende hoof van FNB Betalings, sê die bank het in die laaste jaar baie meer kontaklose betalings deur sy krediet-, debiet- en Fusion-kaarthouers gesien. In Maart en April het FNB-kliënte meer as 30 miljoen kontaklose transaksies per maand uitgevoer, ter waarde van tot R10 miljard per maand.

Hoe gebruik jy dit?

Dit is maklik om Apple Pay met behulp van die FNB-app op ’n iPhone op te stel.

Kliënte kies eenvoudig “Kaarte” om ’n nuwe virtuele kaart spesifiek vir Apple Pay te skep of alternatiewelik ’n bestaande virtuele kaart.

Kies die kaart, kies dan “Voeg by Apple Wallet” en volg die instruksies.

Kliënte kan Apple Pay op iPhone, iPad en Mac gebruik om vinniger en geriefliker aankope in apps of op die internet te doen.

Jou FNB-voordele bly

Kliënte sal steeds al die voordele wat FNB se kaarte bied, insluitend eBucks en aankoopbeskerming op kwalifiserende transaksies, ontvang.

Apple Pay is veilig

Sekuriteit en privaatheid is die kern van Apple Pay. As kliënte ’n krediet- of debietkaart met Apple Pay gebruik, word die werklike kaartnommers nie op die toestel of op Apple-bedieners gestoor nie. In die plek daarvan word ’n unieke toestelrekeningnommer toegeken, geënkripteer en veilig in Secure Element geberg, ’n mikroskyfie op hul toestel wat die betalingsinligting veilig daarop stoor.

Hier is meer inligting oor Apple Pay. FNB-kliënte kan ook FNB se webwerf besoek.

Die eerste 1 000 FNB-kliënte wat hul virtuele kaart byvoeg via die FNB-app en ’n aankoop met Apple Pay doen, sal 2 500 eBucks ontvang.

Meer oor:  Fnb  |  Apps  |  Apple  |  Slimfone  |  Ios  |  Tegnologie  |  Digitale Bankdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.