Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
FNB laat jou nou QR-kode skandeer

FNB het nou ’n gerief op sy bank-app wat kliënte toelaat om betalings te doen deur ’n QR-kode met hul slimfoon te skandeer.

Volgens FNB is hy die eerste bank in Suid-Afrika wat QR-kode-betalings vir sowel kliënte as sakeondernemings in sy eie bank-app integreer.

bank-app, digitale betalings
FNB bied nou die funksie om QR-betalings met sy bank-app te doen.

Tot dusver is daar al ’n paar onafhanklike verskaffers van betaaltegnologie met QR-kodes, soos Snapscan en Zapper, wat aktief in Suid-Afrika is.

FNB hoop die integrasie van QR-kode-betalings in sy bank-app sal sy 2,8 miljoen aktiewe gebruikers se lewe vergemaklik omdat hulle nie ’n bykomende app hoef af te laai nie.

FNB verduidelik kliënte kan die “Scan to Pay”-funksie onder FNB Pay op die bank-app kies wanneer hulle betalings wil doen.

Ondernemings wat QR-betalings wil ontvang moet in hul bank-app “Payments” kies, aanmeld en op “Speedpoint” klik om daarvoor te registreer. Hulle kan dan binne 24 uur dié betalingsdiens gebruik om betalings te ontvang. Ondernemings kan die QR-kode in hul ondernemings of in die bank-app vertoon, of dit na ’n kliënt e-pos of dit via sosiale media deel. Daar is nie maandelikse huur- of instandhoudingskoste soos vir ander betaalstelsels vir ondernemings nie.

Dié digitale betaalstelsel word deur Masterpass in stand gehou. Dit is die internasionale kredietkaartmaatskappy Mastercard se digitale betaaldiens.

FNB se mededinger Capitec bied wel ook nou die gerief om QR-kodebetalings te kan maak, maar dit is via 'n afsonderlike Capitec-app wat ook in samewerking met Masterpass bedryf word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.