Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
FNB ruk app gou reg na klagtes

FNB se app en sy webtuiste het Dinsdag vir sommige van sy kliënte probleme gegee.

Business Insider berig dat die probleme kort ná 11:00 begin het.

Kliënte van dié bank het behoorlik gal gebraak op Twitter oor die ongerief wat dit veroorsaak het.

Een kliënt het gekla dat hy by ’n vulstasie gestrand is omdat hy nie geld van een rekening na ’n ander kan oorplaas nie. Ander het weer gekla dat selfs die takke van lyn af is. Van die kliënte het gekla dat die webtuiste ook nie werk nie.

Kevin Mitchell, woordvoerder van FNB, sê in 'n e-pos aan Netwerk24 dat die bank inderdaad die oggend probleme ervaar het.

"Ons vra omverskoning vir die ongerief wat dit veroorsaak het. Ons kan bevestig dat alle dienste herstel is."

  • Hierdie artikel is aangepas nadat terugvoer van FNB ontvang is.



Meer oor:  Fnb  |  Digitale Bankdienste  |  Bank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.