Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
FNB se app, webwerf gee probleme
FNB se aanlyn bankdienste ervaar probleme.Foto: FNB

FNB se aanlyn bankdienste beleef ’n Blou Maandag.

Die bank het Maandagmiddag ’n boodskap op Twitter en Facebook geplaas waarin hy sê hy is bewus van onderbrekings met sy aanlyn dienste en dat sy tegnici daaraan werk.

Die omvang van die probleme is nie bekend nie, maar kliënte kla dat hulle reeds sedert Sondag probleme ervaar.

Dit sluit in dat transaksies en betalings nie wys nie en dat kliënte nie die korrekte beskikbare saldo sien nie.

In ’n boodskap op sy webwerf sê FNB dat kliënte wel betalings kan doen, maar dat dit nie dadelik gaan wys dit was suksesvol nie. Kliënte kan ook nie bewyse van betalings stuur nie.

Gebruikers kla ook dat die bank se buitelandse-valutatransaksies nie werk nie en dat geld van oorsee derhalwe nie oorbetaal kan word nie.

Klagtes is ook ontvang van bankkaarte wat nie by betaalpunte werk nie omdat die kaartmasjien nie kliënte se PIN wil aanvaar nie.

Die bank skryf die probleme toe aan “instandhoudingswerk” en vra dat kliënte hom eers skakel om duplikaat-betalings te vermy.

Die probleme word op FNB se app sowel as op sy webwerf ervaar.

Meer oor:  Fnb  |  Banke  |  Bankbedryf  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.