Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Fout lê party mense se Instagram-wagwoorde bloot

’n “Handvol” Instagram-gebruikers se wagwoorde is weens ’n stelselfout blootgelê.

Die fout het ingesluip sodra ’n gebruiker ’n kopie van al sy of haar Instagram-data aflaai, berig Engadget.

Versteek tussen al die lêers wat so afgelaai is, was ook die gebruiker se wagwoord in gewone teksformaat.

As ’n gebruiker ’n kopie van sy data op ’n onveilige netwerk aflaai, sou dit beteken dat enigiemand die lêer met sy wagwoord sou kon onderskep, berig The Information.

Die sosiale netwerk, wat deur Facebook besit word, het die fout intussen reggestel.

Instagram het ook diegene wat deur die fout geraak is, daaroor ingelig.

Meer oor:  Instagram  |  Kuberkrakers  |  Tegnologie  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.