Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Garmin ontspoor ná kuberkrakers toeslaan

Fikse Fanies kon sedert Donderdagmiddag nie data van oefensessies oplaai op Garmin se app of webtuiste nie, en dus ook nie op platforms soos Discovery se Vitality punte daarvoor verdien nie.

Eienaars van Garmin-toestelle kan nie nou punte vir oefensessies by Vitality verdien nie. Foto: Getty Images

Dié verskaffer van fiksheidstoestelle moes noodgedwonge al sy stelsels van lyn af haal nadat kuberkrakers toegeslaan het.

Garmin bevestig op sy amptelike Twitter-rekening dat sy stelsels steeds van lyn af is, hoewel hy geen melding van die aanval maak nie.

Volgens The Guardian het ’n groep kuberkrakers toegang tot Garmin se stelsels verkry en sy interne netwerk en “sommige produksiestelsels” oorgeneem.

’n Losprys word nou glo geëis alvorens toegang herstel sal word.

Discovery het ook bevestig dat hy geen oefensessies van Garmin met Vitality kan sinchroniseer nie. Dit beteken Vitality-lede kan nie nou punte vir sessies met ’n Garmin-toestel ontvang nie.

“Wees egter gerus dat alle oefensessies gelaai sal word sodra Garmin weer aan die gang is,” sê Discovery.

Punte vir hierdie week se oefenteiken kan tot aanstaande Dinsdag gelaai word.

Garmin kan in hierdie tyd ook geen oproepe na sy inbelsentrums en e-posse ontvang of aanlyn gesprekke voer nie. “Ons probeer die probleem so gou moontlik oplos en vra om verskoning vir die ongerief.”

Garmin, ’n Amerikaanse onderneming, spesialiseer ook in die verskaffing van nasporingstelsels vir onder meer vliegtuie en skepe.

Vlieëniers het aan die tegnologieblad ZDnet gesê hulle kon sedert Donderdag ook nie die jongste weergawes van Garmin se databasisse aflaai wat hulle benodig om te kan vlieg nie.

Die Garmin-app vir vlieëniers is ook ná die aanval van lyn af.

Dit is nog nie bekend wie agter die aanval sit of watter eise hulle stel nie.

Trouens, Garmin het self nog nie bevestig dat hy die slagoffer van ’n kuberaanval is nie. Volgens The Guardian het van die maatskappy se werknemers dit as ’n kuberaanval op sosiale media beskryf.

Daar is ook nog geen aanduiding of die aanvallers toegang tot die persoonlike inligting van enige Garmin-gebruikers kon kry nie.

Die aanval op Garmin is die tweede in die afgelope paar weke op ’n bekende onderneming. Twitter het verlede week ook deurgeloop onder kuberkrakers wat toegang tot meer as 100 hoëprofiel-gebruikers se rekeninge verkry het.

Meer oor:  Garmin  |  Tegnologie  |  Fiksheidsbandjies  |  Fiksheid  |  Kuberaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.