Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Gebruik dié app om te kyk of jy dalk Covid-19 het
As jy nies of ’n loopneus het, beteken dit nie noodwendig jy het Covid-19 nie. Foto: Unsplash

Epione, ’n plaaslike platform vir dokters, het ’n gratis funksie in sy app ingebou wat mense kan gebruik om te bepaal of hulle dalk Covid-19 het.

Die app help jou om simptome te registreer wat met Covid-19 verband hou.

Dit sluit in of jy op die betrokke dag gehoes het, kortasem was of ’n seerkeel ontwikkel het.

Dit is van die simptome wat met Covid-19 geassosieer word, hoewel dit nie noodwendig beteken jy het dit onder lede as jy enige daarvan toon nie.

Epione se app neem ook in ag of jy in kontak was met ’n persoon of persone wat beslis positief vir die koronavirus getoets is, of wat moontlik positief getoets is.

Die inligting word uiteindelik oor ’n paar dae ingesamel waarna ’n aanbeveling gemaak word oor of jy ’n dokter moet gaan spreek om getoets te word vir Covid-19.

“Die idee is dat mense hulself kan monitor om druk op die gesondheidstelsel te help verlig,” sê Garikai Govati, uitvoerende hoof van Epione.

Mense wat dink hulle het dalk Covid-19 kan deur die app besef dis eintlik iets anders en sal daarom nie gaan om onnodig getoets te word nie.

Discovery het ’n soortgelyke diens met sy DrConnect-app.

Dié app gebruik kunsmatige intelligensie om simptome te assesseer en ’n ingeligte aanbeveling te maak oor wat moontlik fout is.

LEES OOK: Konsulteer so gratis aanlyn met dokters

Discovery en Vodacom het onlangs ’n vennootskap aangekondig waarvolgens alle Suid-Afrikaners gratis toegang kry tot aanlyn konsultasies met dokters, of hulle lid van ’n mediese fonds is, of nie.

Afgesien daarvan dat dit simptome van Covid-19 nagaan, kan die Epione-app gebruikers ook met plaaslike dokters verbind.

Daar is egter nog min dokters op die platform geregistreer. Die app is vir Android- sowel as Apple-toestelle beskikbaar.

Meer oor:  Discovery  |  Dokters  |  Koronavirus  |  App  |  Covid-19  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.