Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Gebruik jy ook dié kwesbaarste wagwoord?

As jou gunstelingwagwoord “123456” is, is dit dalk tyd om dit te verander.

’n Swak wagwoord bied kuberkrakers die sleutel tot jou persoonlike inligting. Foto: Unsplash

Dit is inderdaad die kwesbaarste wagwoord wat bestaan, waarsku Brittanje se nasionale kubersekerheidsentrums.

Luidens data van die webtuiste Have I Been Pwned is “123456” gebruik deur meer as 23 miljoen mense wie se rekeninge in ’n kuberaanval gekraak is.

Have I Been Pwned versamel inligting oor wagwoorde wat uitgelek het en aanmeldbesonderhede. Dit maan dan ook mense om hul aanlyn rekeninge te beveilig.

Buiten “123456” is “qwerty”, “password”, “111111” en “abc123” ook van die kwesbaarste wagwoorde juis omdat so baie mense dit gebruik.

Hoewel die kwesbaarste wagwoorde sulke generiese versameling van letters en/of getalle is, waarsku die sentrum ook dat sport- en musiekliefhebbers ook vashaak by dieselfde wagwoord.

So verskyn “liverpool”, “chelsea”, “arsenal en “manutd” ook op die lys van gewildste wagwoorde.

“Blink182”, “eminem” en “50cent” is ook baie gewild.

Die sentrum besef dit is moeilik vir gebruikers om met ’n veilige wagwoord vorendag te kom wat hulle kan onthou. Des te meer om met ’n nuwe wagwoord vorendag te kom vir elke verskillende aanlyn rekening.

“Die deel van wagwoorde hou ’n massiewe risiko in en kan vermy word,” sê die sentrum in ’n verklaring.

“Niemand moet sensitiewe inligting beskerm met ’n wagwoord wat maklik geraai kan word nie. Dit sluit in die persoon se naam, die plaaslike sokkerspan of hul gunstelingmusiekgroep.”

Die sentrum se raad in die kies van ’n nuwe, moeiliker wagwoord, is om drie lukrake woorde saam te voeg.

“Wees kreatief en kies woorde wat jy sal onthou, maar wat ’n kuberkraker nie sal kan raai nie.”

Verskeie kantore se netwerke vereis reeds dat personeel verskriklike lang en komplekse wagwoorde moet kies en hulle moet dit boonop ook elke paar maande verander.

In so geval sal dit wys wees om ’n spesiale app soos LastPass te gebruik wat jou wagwoorde gratis namens jou sal onthou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.