Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Gebruik tog asseblief YouTube Music, vra Google
YouTube en YouTube Music word deur Google besit en bedryf. Foto: Unsplash

Namate mededinging toeneem, gaan die vervaardigers van selfoonprogrammatuur al hoe meer hul eie produkte aan gebruikers opdwing.

In die jongste geval het Google bevestig dat sy (nuwe) musiekstromingsdiens YouTube Music voortaan vooraf op nuwe slimfone met Android 10 geïnstalleer gaan word.

Dit beteken al Samsung, Nokia en dies meer se nuwe toestelle gaan uit die boks met YouTube Music kom.

YouTube Music vervang ook Google se vorige musiekstromingsdiens, Google Play Music, wat nou oorbodig geword het.

Albei hierdie platforms bied dieselfde inhoud; YouTube Music bied wel ook toegang tot etlike ure se musiek wat eksklusief op YouTube beskikbaar is.

Die dienste kos ook presies dieselfde teen R59 per maand.

LEES OOK: Watter musiekstromingsdiens moet ek kies?

Google het YouTube Music in Maart vanjaar in Suid-Afrika beskikbaar gestel. Dit is tans in 77 lande beskikbaar, waaronder die meeste lande in Europa en Suid-Amerika.

Daarenteen is Google Play Music net in 63 lande beskikbaar.

Apple Music is in meer as 100 lande beskikbaar terwyl Spotify in 79 lande beskikbaar is.

YouTube Music in ’n neutedop:
  • Prys: R59 per maand
  • Daar is ’n gratis weergawe met advertensies
  • Beskikbaar in 77 lande
  • Ingesluit by YouTube Premium
  • Meer as 40 miljoen liedjies, video’s en musiekkonserte

Suid-Afrika is die enigste Afrikaland waar die meeste van dié musiekstromingsdienste beskikbaar is.

Google het voorheen bevestig dat hy beplan om gaandeweg al sy intekenare op Google Play Music na YouTube Music oor te dra.

Gebruikers skop egter vas totdat Google ’n manier vind om speellyste naatloos van die een platform na die ander oor te dra.

Dié funksionaliteit is egter nog “in wording”, het Google by navraag aan The Verge bevestig.

Hoewel YouTube Music vooraf geïnstalleer gaan word, sal gebruikers steeds die vryheid van keuse hê om ander platforms soos Spotify en Apple Music te gebruik.

Intussen spoor Google gebruikers ook aan om in te teken op YouTube Premium, kwansuis ’n stromingsdiens vir oorspronklike inhoud nes Netflix en Showmax.

YouTube Premium bied egter bitter min van YouTube se eie flieks en reekse en die grootste voordeel blyk eerder te wees dat daar nie soveel irriterende advertensies tydens video’s vertoon word nie.

Teen R72 per maand maak dit die saligheid van ’n advertensielose ervaring op YouTube beslis die moeite werd. Dit sluit boonop YouTube Music in.

    Meer oor:  Youtube  |  Android  |  Youtube Music  |  Google  |  Internet  |  Video  |  Stromingsdienste  |  Musiekstromingsdienste  |  Tegnologie
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.