Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Geniet kykNET nou regstreeks op Showmax

Die jaar begin met puik nuus vir mense wat meer Afrikaanse sepies soos Suidooster, Getroud Met Rugby of die reeks Die Boekklub sou wou kyk, maar nie toegang tot DStv het nie.

dstv, stromingsdienste, multichoice
Showmax saai kykNET en Mzansi Magic voortaan regstreeks uit.

Showmax stroom vanaf vandag die kanale kykNet en Mzansi Magic regstreeks vanuit die app.

Die twee “opwipkanale” sal tot 31 Maart beskikbaar wees as deel van ’n toetslopie om te kyk hoe gewild hulle is.

Vorige seisoene van gewilde Suid-Afrikaanse programme soos Suidooster en Getroud Met Rugby kan reeds op Showmax gestroom word, vanaf die heel eerste episode, maar nuwe reekse word nou bygevoeg soos dit uitgesaai word. Dit sluit in die volgende kykNET-reekse:

  • Afgrond (Seisoen 1)
  • 4 Mure (S1)
  • Slot (S1)
  • Binnelanders (S16)
  • Boer Soek ’n Vrou (S13)
  • Die Boekklub (S3)
  • Anzel in die Boland (S2).

Onder die Mzansi Magic-gunstelinge tel:

  • Abandoned (S1)
  • Date My Family (S8)
  • Our Perfect Wedding (S8)

Yolisa Phahle, uitvoerende hoof van MultiChoice vir algemene vermaak en stromingsdienste, sê hulle probeer deurentyd die Showmax-ervaring verbeter. “Tydens verlede jaar se inperking het ons intekenare toegang tot regstreekse nuuskanale gegee. Nou, in die lig van pres. Cyril Ramaphosa se toespraak vroeër in Januarie, sal Suid-Afrikaners meer tyd tuis deurbring en daarom wil ons graag seker maak ons kliënte het ietsie ekstra.”

Die Mzansi Magic-stroming is net in Suid-Afrika beskikbaar, maar mense in Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe sal ook kykNET kan stroom.

Die kanale is op al Showmax se planne beskikbaar. Mense kan meer inligting op showmax.com kry.

Meer oor:  Dstv  |  Multichoice  |  Showmax  |  Tegnologie  |  Televisie  |  Stromingsdienste  |  Betaaltelevisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.