Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Geregistreerde SMS ‘net so goed as brief’
Die hof het beslis dat geregistreerde SMS’e en e-pos dieselfde gewig dra as ’n geregistreerde brief per slakkepos. Foto: Unsplash

Twee grensverskuiwende hofuitsprake in die landdroshof in Randburg het bevind dat geregistreerde digitale kommunikasie dieselfde gewig dra as sy tradisionele voorganger, ’n geregistreerde brief.

In twee afsonderlike sake het die landdros bevind ’n geregistreerde SMS is ’n geldige vorm van kommunikasie waarmee ’n skuldeiser ’n finale aanmaning aan twee individue gestuur het wat agterstallig was met die terugbetaling van persoonlike lenings.

’n Geregistreerde SMS word vergesel van

  • ’n Sertifikaat wat die inhoud bevestig;
  • ’n Bewys dat die boodskap afgelewer is; en
  • ’n Bewys dat die betrokke persoon dit gelees het.

Die hof het bevind dat dié vorm van kommunikasie derhalwe voldoen aan die vereistes van die Nasionale Kredietwet en ’n aanvaarbare manier is om ’n laaste betalingsaanmaning te stuur.

“Sekere geregtelike dokumente moet deur geregistreerde pos afgelewer word, maar ons bied twee alternatiewe,” sê Norman Colling van Registered Communication, ’n maatskappy wat digitale kommunikasiedienste bied.

Dié maatskappy kan sowel geregistreerde SMS’e as e-posse stuur, kommunikasiemetodes wat nou deur die hof erken word.

“Om geregistreerde kommunikasie digitaal te stuur, bespaar tyd en geld, aangesien die koste van ’n geregistreerde SMS of e-pos byna die helfte is van ’n tradisionele geregistreerde posstuk,” sê Colling.

Die koste van ’n geregistreerde SMS of e-pos is byna die helfte van ’n tradisionele geregistreerde posstuk.
Norman Colling

Nóg ’n voordeel is ook dat dié vorme van kommunikasie onmiddellik afgelewer word en dat maatskappye dadelik kan sien of die betrokke persoon dit gelees het al dan nie.

Volgens Colling sien verskaffers van finansiële dienste ook ’n duidelike toename in terugbetalings sodra só ’n laaste aanmaning per SMS gestuur word eerder as per pos. “Suid-Afrikaners reageer meer positief op kommunikasie per selfoon as tradisionele kanale,” sê hy.

’n Waarskynlike rede hiervoor is dat baie mense eers na hul naaste poskantoor moet gaan om ’n geregistreerde brief te gaan afhaal.

’n Gewone SMS of e-pos tel egter nie as ’n geregistreerde vorm van kommunikasie volgens die Nasionale Kredietwet nie, waarsku Colling. Dit moet deur ’n organisasie soos Registered Communication gestuur word en van ’n sertifikaat vergesel word.

Dié maatskappy kan ook geldigheidsertifikate skep op ander kommunikasieplatforms waarop maatskappye met hul kliënte kommunikeer, insluitende WhatsApp en direkte boodskappe op Twitter en Messenger.

Meer oor:  E-Pos  |  Tegnologie  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.