Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Gesteelde data glo steeds op internet

Daar is na bewering steeds gesteelde inligting van sowat 25 miljoen Suid-Afrikaners êrens op die internet, hoewel beloof is dat die onwettig bekomde leggers met data reeds veilig verwyder is.

datadiefstal
Daar is twyfel of Experian hoegenaamd vervolg gaan word ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting omdat hy toegelaat het dat 'n bedrieër kon wegkom met persoonlike inligting van 25 miljoen mense, omdat die wet volgens sommige waarnemers nog nie behoorlik toegepas word nie. Foto: Getty Images

Die kredietburo Experian kon ten tyde van publikasie Sondag nog nie reageer op navrae oor die jongste berigte dat gesteelde inligting steeds in die kuberruim ronddryf nie.

’n Bedrieër het glo in Mei vanjaar die inligting onder ’n valse voorwendsel by Experian bekom. Experian het eers in Julie sy fout agtergekom, eers op 6 Augustus die inligtingsreguleerder per e-pos daaroor ingelig, en eers op 19 Augustus ’n mediaverklaring daaroor uitgereik. Volgens die kredietburo wou hy eers die owerhede inlig en self presies vasstel wat gebeur het. Experian het in Augustus ’n Anton Piller-bevel – ’n spesiale soort beslagleggingsbevel om te verhoed dat getuienis vernietig word – bekom en dit teen 17 Augustus afgehandel.

Volgens Experian is die strafregtelike ondersoek na die vermeende bedrieër nou in die Valke se hande.

Rapport het egter Sondag berig Karabo Phungula (35), ’n IT-entrepreneur van Soweto, is die persoon wat as die vermeende bedrieër geïdentifiseer is. Phungula ontken hy het iets onwettigs gedoen en voer aan dit is alles ’n smeerveldtog deur Experian teen hom, omdat hy volgens die firma geld skuld aan Compuscan, ’n onderneming wat Experian verlede jaar oorgeneem het.

Experian het nog nie geantwoord op navrae oor Phungula se bewerings nie.

Intussen is die inligtingsreguleerder, ’n onafhanklike juridiese instelling wat die toepassing van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popi) reguleer, uiters besorg oor inligting van ’n fluitjieblaser wat aanvoer persoonlike inligting wat spruit uit die data wat by Experian gesteel is, is op die sogenaamde donker internet gevind. Dit verwys na die deel van die internet wat nie deur soekenjins soos Google gedek word nie want dit vereis spesifieke sagteware, konfigurasies of toegangsreg.

Die inligtingsreguleerder sê daar is met Ferdie Pieterse, uitvoerende hoof van Experian Suid-Afrika, vergader, wat die reguleerder verseker het die persoonlike inligting wat gesteel is, is beveilig.

Maar nadat die reguleerder Experian op 2 September met die inligting van die fluitjieblaser gekonfronteer het, het Experian bevestig hy kon die leggers met data op die internet opspoor en werk daaraan om dit te verwyder en verdere ondersoeke te doen.

Die rekenaarbediener wat die onwettige data gehou het, is volgens die fluitjieblaser in Switserland, het die inligtingsreguleerder op 3 September in ’n verklaring gesê.

Volgens die inligtingsreguleerder gee die Popi-wet verantwoordelike partye tot 1 Julie 2021 om te verseker hul verwerking van persoonlike inligting voldoen aan die wet. Die grasietyd skeld egter nie verantwoordelike partye vry van hul wetlike verpligting nie, het die reguleerder gewaarsku.

Adv. Pansy Tlakula, voorsitter van die inligtingsreguleerder, het gesê ’n onafhanklike ondersoek word gedoen om die datadiefstal by Experian te ondersoek. Die reguleerder is ook in kontak met Switserland se kommissaris vir federale databeskerming en inligting.

Die IT-kommentator Toby Shapshak skryf in ’n rubriek vir stuff.co.za hy is skepties of Experian ooit suksesvol vervolg sal kan word vir enige oortreding van die Popi-wet, weens die swak leierskap van Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, telekommunikasie en posdienste.

Meer oor:  Experian  |  Kuberaanval  |  Kredietburo  |  Tegnologie  |  Popi  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.