Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Gmail, Google Maps etlike ure van lyn
Verskeie van Google se dienste was Woensdag vir ure lank onderbreek. Foto: Unsplash

Nee, dit was nie net jy nie.

Google het Woensdag in ’n verklaring bevestig dat verskeie van sy dienste vir etlike ure nie gewerk het nie.

Dit sluit Gmail, Google Maps, Google Drive en Hangouts in.

Die probleem het laatmiddag in Australië begin en gou na ander dele van die wêreld uitgebrei.

Google het teen 05:00 Suid-Afrikaanse tyd bevestig daar is fout en dat hy daaraan aandag skenk.

Gebruikers kon in dié tyd wel toegang tot hul e-posse kry, maar het gesukkel om aanhangsels oop te maak of om lêers op Google Drive te besigtig.

Daar was ook probleme met die stuur van e-posse, het Google bevestig.

Google Maps het ook probleme gegee. Gebruikers kon nie van die Street View-funksie gebruik maak nie en het bloot ’n swart skerm gesien, berig The Guardian.

Die internetreus het nog nie die oorsaak van die onderbreking bevestig nie.

Google se dienste het wel teen 08:15 Suid-Afrikaanse tyd weer normaal gefunksioneer.

Meer oor:  Google  |  Internet  |  Gmail  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.