Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Gogga laat iPhone-eienaars in koue sweet uitbars
'n Nuwe gogga laat ander mense toe om jou iPhone se mikrofoon te gebruik sonder jou toestemming. Foto: Getty Images

’n Ernstige gogga het Apple se FaceTime-app beetgekry wat gebruikers toelaat om toegang tot ’n ander gebruiker se foon se mikrofoon te kry, sonder toestemming.

9to5Mac het eerste oor die jongste gogga in die iOS-bedryfstelsel berig.

Die fout glip in sodra jy iemand met FaceTime, Apple se ingeboude kletsapp, bel.

Dit geld spesifiek die video-funksie van FaceTime.

Terwyl jy wag dat die ander persoon antwoord, vee jy op die FaceTime-app en kies om nog ’n persoon by die oproep te voeg.

Sodra jy jou eie nommer by die gesprek voeg, dink FaceTime klaarblyklik dat ’n konferensieoproep begin het, en jy kan hoor wat rondom die persoon aangaan wat jy oorspronklik probeer bel het, al het hulle nog nie geantwoord nie.

Met ander woorde, as jou iPhone lui en dit is ’n FaceTime-video-oproep, is daar ’n kans dat die persoon aan die ander kant van die oproep via jou selfoon se mikrofoon kan hoor wat rondom jou gesê word, al het jy nog nie die oproep beantwoord nie.

Netwerk24 het die fout probeer naboots, maar die FaceTime-app het aanhou hang. The Verge het later berig dat Apple sy FaceTime-diens tydelik opgeskort het, juis weens die fout. 

In ’n verklaring sê Apple hy is “bewus van die probleem” en dat ’n oplossing gou beskikbaar sal wees.

Dit word glo later die week uitgereik, sê die maatskappy.

MacRumours het gevind dat die gogga ook Mac-rekenaars raak, wat beteken sou jy ’n FaceTime-oproep op jou skootrekenaar ontvang, dieselfde fout kan insluip en die persoon aan die anderkant van die oproep toegang tot jou rekenaar se mikrofoon gee.

Wat kan jy doen om dit te keer?

As jy nie te vinde is daarvoor om te wag vir ’n nuwe weergawe van Apple se sagteware wat die probleem oplos nie, kan jy solank FaceTime deaktiveer.

Gaan na jou iPhone se verstellings en skakel dit daar af.

Meer oor:  Apple  |  Slimfoon  |  Privaatheid  |  Iphone  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.