Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Google, Apple én Spotify wys omroeper die deur
Die omstrede omroeper Alex Jones van InfoWars.Foto: Reuters

Apple, YouTube, Facebook en Spotify het elkeen honderde potgooie van die omstrede omroeper Alex Jones en sy InfoWars-platform verwyder.

Jones is bekend vir sy samesweringsteorieë oor gebeure soos die aanval op die World Trade Centre in 2001 en verskeie Amerikaanse skoolaanvalle.

Hy beweer dat die aanvalle op 11 September 2001 deur die Amerikaanse regering beplan is en dat die kinders in die skietery in 2012 by die Sandy Hook Elementary School in Newtown, Connecticut, eintlik akteurs was.

Die BBC berig die ouers van twee van die kinders wat in die voorval geskiet is, dagvaar nou vir Jones vir sy “wrede, vals en gevaarlike bewerings”.

Apple het Maandag in ’n verklaring gesê hy duld nie haatspraak op sy platform nie en daarom word Jones se potgooie onmiddellik van iTunes verwyder.

Facebook het dieselfde dag Jones se InfoWars-blad verwyder, ook weens haatspraak. Ook YouTube het Jones se rekening gesluit.

Volgens Facebook het Jones se blad geweld verheerlik, teenstrydig met die platform se gebruiksvoorwaardes. Hy het glo ook neergesien op transgender persone, Moslems en immigrante.

Nadat hy op die verskillende platforms verbied is, het Jones hom tot Twitter gewend om te sê InfoWars is nou die mees gesensureerde uitsaaier.

Op sy beurt het Twitter gesê nie InfoWars of Jones oortree sy reëls nie en sal daarom nie geblok word nie.

Die InfoWars-app is wel steeds beskikbaar in die Apple- en Google Play-winkels waardeur Jones se potgooie gespeel kan word.

Nie een van die betrokke platforms wou uitwei oor waarom almal op dieselfde dag besluit het om Jones se inhoud te verwyder nie.

Op sy webtuiste spog Paul Joseph Watson, InfoWars se redakteur, dat die blad ’n groot aandeel gehad het in die verkiesing van Donald Trump as president.

“Groot tegnologiemaatskappye is daarom nou besig om in te meng met ’n belangrike tussenverkiesing deur InfoWars drie maande voor die tyd te verbied,” sê Watson.

Jones was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Bronne: BBC, Reuters

Meer oor:  Google  |  Spotify  |  Youtube  |  Apple  |  Haatspraak  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.