SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Tegnuus
Google maak ogies vir Fitbit

Google se moedermaatskappy, Alphabet, het ’n aanbod gemaak om Fitbit, ’n vervaardiger van fiksheidstoestelle, te koop.

Hoewel Google nes ander groot tegnologiemaatskappye soos Apple en Samsung reeds slimfone vervaardig, het die maatskappy nog nie sy eie fiksheidstoestelle begin maak nie.

Dit is nog geen uitgemaakte saak dat die onderhandelinge tussen Google en Fitbit tot enige ooreenkoms gaan lei nie, het ’n bron na aan die onderhandelingsproses gesê.

Die saak word nog as vertroulik beskou, sê die bron, wat anoniem wil bly.

Die prys wat Google aanbied om Fitbit te koop is eweneens nog onbekend.

Fitbit en Google het albei verkies om nie kommentaar te lewer nie.

Fitbit se aandeelprys het met 27% toegeneem kort nadat die nuus van die moontlike oorname bekend geword het. Fitbit se totale markwaarde beloop nou $1,4 miljard. Alphabet se aandeelprys het terselfdertyd met 2% tot $1 293 toegeneem.

Die mark vir fiksheidstoestelle word die afgelope paar maande deur goedkoper toestelle van Chinese tegnologievervaardigers soos Huawei en Xiaomi oorheers.

Fitbit het sy vooruitsigte vir verkope in die huidige boekjaar te midde van toenemende druk op die mark en sterk mededinging verlaag. Reuters, verkort

Meer oor:  Google  |  Fitbit  |  Tegnologie  |  Fiksheidsbandjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.