Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Google Maps kan na onveilige roetes lei

Wees maar versigtig om Google Maps in te span as jy gaan bergklim. Dit kan gebeur dat jy na ’n verkeerde plek gelei word, soos onlangs met ’n groep bergklimmers in Skotland gebeur het.

As ’n mens die Voice Assistant met Google Maps gebruik, is daar ’n kans dat jy verkeerd verstaan kan word en sodoende na ’n verkeerde plek geneem word.

Pasop vir Google Maps as jy bergklim. Foto: Unsplash

Die John Muir Trust, wat omsien na die hoogste berg in Brittanje, het volgens die webwerf STV die app gekritiseer omdat sekere soektogte na roetes op Ben Nevis bergklimmers heeltemal op gevaarlike roetes geneem het.

Die Skotse liefdadigheidsorganisasie sê daar was ’n aantal onlangse voorvalle met roetes wat van die internet afgelaai is, wat tot beserings of erger gelei het.

Volgens die BBC het die trust nou bergstappers aangemoedig om nie Google Maps te gebruik om hulle teen die berge op te lei nie.

Die organisasie het gesê die pogings om Google te kontak oor die kwessie is met stilte begroet.

Nathan Berrie, een van die trust se bewaringsbeamptes by Nevis, het gesê: “Die probleem is dat Google Maps besoekers na die Upper Falls-parkeerterrein lei, vermoedelik omdat dit die naaste parkeerterrein aan die kruin is.”

“Maar dit is nie die regte roete nie, en ons kom gereeld voor groepe onervare klimmers wat op pad is na Steall Falls of teen die suidelike hange van Ben Nevis op wat dink dit is die regte pad.”

Heather Morning, bergklim Skotland se adviseur oor bergveiligheid, het gesê selfs ervare klimmers sal probleme hê met die voorgestelde roete.

“Vir mense wat nog nie ’n bergklimervaring gehad het nie, voel dit logies om Google Maps te volg vir inligting oor hoe om jou roete te navigeer,” het sy gesê.

“Maar as jy Ben Nevis invoer op Maps en op die ‘motor’-ikoon klik, verskyn ’n kaart wat jou neem na die naaste parkeerterrein gevolg deur ’n stippellyn wat ’n roete na die kruin wys.”

Morning het bygevoeg: “Dit is deesdae maklik om aan te neem inligting op die internet is alles korrek, op datum en veilig. Ongelukkig toon ervaring dat dit nie die geval is nie.”

Meer oor:  Google  |  Maps  |  Bergklim  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.