Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Google Maps wil jou waarsku as jy ontvoer word
Google Maps sal jou nou waarsku as jou taxibestuurder van die regte of beste roete afwyk. Foto: Google

Google Maps het pas ’n nuwe funksie in Suid-Afrika ingestel wat passasiers in taxi’s en ander saamrydienste sal waarsku as die bestuurder van die “beste” roete afwyk.

Google het dié funksie vandeesweek op ’n groot geleentheid in Johannesburg bekend gemaak.

Die funksie is reeds beskikbaar in Indië, waar dit veral gebruik word om passasiers teen seksuele aanranding deur taxibestuurders te beskerm.

Dit sal ook help om passasiers teen moontlike ontvoering te beskerm, sê Google. Veral as jy op ’n vreemde plek is wat jy nie ken nie.

Hoe werk dit?

Sodra jou taxi-rit begin, vul jy jou bestemming op Google Maps in. Onder die kieslys sal die opsie “Stay Safer” verskyn.

Nadat dit geaktiveer is, sal die app jou waarsku sodra die bestuurder meer as 500 m afwyk van wat Google as die “beste roete” na jou bestemming beskou.

Volgens Google beteken dit darem nie jy sal nie in kennis gestel word as die bestuurder dalk hier en daar van die roete afwyk om byvoorbeeld iets te vermy nie.

Maar sodra hy heeltemal in die teenoorgestelde rigting ry of ooglopend van die verwagte roete afwyk, sal jy gewaarsku word.

Die app bied ook die opsie dat vriende of familie dadelik ’n kennisgewing van jou sal ontvang as jou bestuurder van die roete afwyk.

Volgens Google is die funksie reeds in Suid-Afrika beskikbaar vir sowel Android- as Apple-toestelle.

Die maatskappy het wel Donderdag gewaarsku dat nie almal tegelyk die nuwe funksie sal kry nie. Dit sal gaandeweg aan almal beskikbaar gestel word.

Meer oor:  Google  |  Google Maps  |  Ontvoering  |  Taxidiens  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.