Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Google nou ook meer as $1 000 miljard werd
Google is nou ook meer as $1 000 miljard werd. Foto: Getty Images

Google se moedermaatskappy, Alphabet Inc., het pas maar die vyfde maatskappy tot dusver geword met ’n totale markwaarde van meer as $1 000 miljard.

Hy het dié mylpaal Donderdag bereik kort voor die New Yorkse aandeelbeurs gesluit het. Alphabet se aandele het toe teen $1 451 verhandel.

Nog net vier ander maatskappye kon daarin slaag om ’n totale markwaarde van meer as $1 000 miljard te haal.

Drie daarvan is, nes Alphabet Inc., Amerikaanse tegnologiemaatskappye.

Apple Inc. was die eerste maatskappy wat dié mylpaal vroeg in 2018 bereik het. Amazon.com het later in dieselfde jaar gevolg. Microsoft het die $1 000 miljard-kerf in April 2019 oorgesteek.

Die eerste onderneming tot nog toe om ’n totale markwaarde van meer as $1 000 miljard te bereik, was die petrochemiese reus PetroChina in 2007. Sy markwaarde het egter weer spoedig tot onder dié kerf gedaal.

Die oliemaatskappy Saudi Aramco het in Desember 2019 die eerste maatskappy ter wêreld geword met ’n totale markwaarde van meer as $2 000 miljard kort nadat dit op die aandelemark in Riyadh genoteer het.

google

Sauri Aramco se totale markwaarde is nou meer as $1 840 miljard.

Apple, Microsoft en Amazon ding telkens mee om die tweede posisie van die grootste maatskappye gegrond op markwaarde.

Apple is tans die leier uit dié groep, gevolg deur Microsoft.

Alphabet Inc. het nou Amazon.com verbygesteek as die vierde grootste maatskappy gegrond op markwaarde.

Hoewel Amazon.com al voorheen meer as $1 000 miljard werd was, het sy totale markwaarde tot $931 miljard teruggesak.

Daar word verwag dat Facebook die volgende tegnologiemaatskappy gaan word om ’n markwaarde van meer as $1 000 miljard te bereik. Dié maatskappy se totale markwaarde word nou op sowat $632 miljard geskat.

Meer oor:  Google  |  Amazon  |  Apple  |  Microsoft  |  Tegnologie  |  Tegnologiemaatskappye  |  Aandeelprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.