Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Google spioeneer glo op sy werkers
An image of a mobile phone with the words Google o
Google het 'n stram verhouding met sy werknemers.

Van Google se werknemers beskuldig die maatskappy daarvan dat hy geheime programmatuur op werknemers se rekenaars installeer om op hulle te spioeneer.

Die program word glo verdoesel as ’n toevoeging tot Google se gewilde kalender-app en word gebruik om geleenthede waar 'n groot hoeveelheid werknemers bymekaarkom te monitor.

Google ontken ten sterkste dat die program kwaadwillige bybedoelings het.

Werknemers beweer egter dat Google se base die program versoek het om aktivisme onder werknemers te monitor. Die program stuur glo ’n waarskuwing aan belangrike mense in die maatskappy sodra meer as 100 werknemers aandui dat hulle na dieselfde geleentheid gaan.

Volgens Bloomberg het werknemers in September die nuwe program bespeur nadat dit outomaties op hul rekenaars geïnstalleer is.

By nadere ondersoek is ook gevind dat geen werknemer die program weer van sy of haar rekenaar kan afhaal nie. Die maatskappy was ook nie gewillig om te verklap wat die eintlike doel van die program is nie.

Alphabet, Google se moedermaatskappy, het ontken dat die program op werknemers se rekenaars geïnstalleer is met die doel om te spioeneer.

Volgens die maatskappy is dit om te keer dat een werknemer per ongeluk ’n uitnodiging vir ’n geleentheid aan klomp kollegas stuur.

Die program versamel glo geen identifiseerbare inligting oor werknemers nie en keer ook nie dat uitnodigings vir byeenkomste gelyktydig aan ’n groot aantal kollegas gestuur word nie.

Die bewerings van spioenasie is egter nie te vergesog nie.

Google se topbestuur het sowat ’n jaar gelede onder skoot gekom toe dit bekend geword het dat Andy Rubin, die skepper van die Android-bedryfstelsel, ’n goue handdruk van $90 miljoen gegee is om te bedank nadat ’n interne ondersoek hom aan seksuele wangedrag skuldig bevind het.

Duisende Google-werkers wêreldwyd het uit protes uit hul kantore gestap. Werknemers was veral kwaad oor hoe die maatskappy vroue behandel.

Google se “toksiese kultuur” en gebrek aan basiese respek vir werknemers se regte is ook wyd gekritiseer.

Sundar Pichai, Google se hoof, het werkers se ontevredenheid in ’n interne boodskap betreur en die punt probeer maak dat Google seksuele wangedrag in ’n ernstige lig beskou.

Meer oor:  Google  |  Tegnologiemaatskappye  |  Tegnologie  |  Spioenasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.