Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Google wil reklameborde nou só verpersoonlik
Google werk aan tegnologie waarmee hy advertensieborde op openbare plekke soos treinstasies sal kan verpersoonlik.Foto: Unsplash

Asof dit nie reeds ongemaklik genoeg is dat Google weet jy is op soek na ’n nuwe haardroër nog voordat jy dit self besef nie, gaan die maatskappy eersdaags ook sy gebruikers se soekgeskiedenis op die internet inspan om reklameborde langs hoofweë en op openbare plekke te verpersoonlik.

Google voer tans gesprekke met belanghebbendes in Duitsland waar hy buitelug-advertensies by treinstasies, winkelsentrums en dies meer op die proef wil stel.

Dit sal uiteindelik aanleiding gee tot die uitbreiding van die diens na Amerika en Brittanje.

Dit beteken egter nie noodwendig dat ’n lewensgrootte advertensie met ’n onderbroekmodel gaan verskyn by jou naaste busstop net omdat jy gisteraand aanlyn na ’n nuwe paar Jockey’s gesoek het nie.

Wat dit wel beteken, is dat wanneer ’n groep sokkeraanhangers by ’n treinstasie voor ’n groot wedstryd opdaag, sal die advertensieborde byvoorbeeld bier adverteer. Hierdie borde sal weer Maandagoggende advertensies vir ’n BMW wys soos wat ryker en middelklas-pendelaars die stasie gebruik.

Omdat Google ook die slimfoonmark danksy sy Android-bedryfstelsel oorheers, sal die tegnologiereus ook mense se ligging kan volg.

Privaatheidswetgewing beteken Google sal waarskynlik nie persoonlike advertensies per individu kan wys nie, maar wel vir ’n groep mense volgens die betrokke omgewing se demografie.

Google ondersoek glo reeds sedert 2015 die moontlikheid om reklameborde te verpersoonlik. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Google  |  Advertensies  |  Reklame  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.