Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
GRAFIKA: Byna dubbel soveel simkaarte as mense in SA
Daar is meer as 94 miljoen geregistreerde simkaarte in Suid-Afrika. Foto: Unsplash

Daar is nou bykans twee geregistreerde simkaarte vir elke Suid-Afrikaner.

Volgens die jongste beskikbare data van die vier grootste diensverskaffers is daar 94,3 miljoen geregistreerde simkaarte in Suid-Afrika.

Daarvan is 43,8% by Vodacom, 30,8% by MTN en 12,7% by sowel Telkom as Cell C.

Dit is nie ongewoon vir ’n land om meer mobiele subskripsies (oftewel geregistreerde simkaarte) as mense te hê nie.

Wêreldwyd is daar meer as agt miljard sulke mobiele verbindings aan ’n selfoonnetwerk teenoor ’n totale wêreldbevolking van nagenoeg 7,8 miljard, het die Sweedse tegnologiemaatskappy Ericsson bevind.

Dit beteken wel nie al die geregistreerde simkaarte genereer ’n inkomste vir die diensverskaffers nie.

Bykans 83% van die aktiewe simkaarte in Suid-Afrika is voorafbetaal eerder as op kontrak.

diensverskaffers

Vodacom het die meeste voorafbetaalde kliënte met 35,2 miljoen, volgens die diensverskaffer se jongste beskikbare resultate vir die jaar tot einde Maart.

MTN het egter die meeste kliënte op kontrak met 6,3 miljoen volgens sy resultate vir die kwartaal tot einde Maart.

Danksy strawwe mededinging, veral wat betref die prys van data, het Vodacom, MTN én Cell C in die laaste jaar of wat ’n aansienlike aantal intekenare verloor terwyl Telkom steeds groei.

Sy totale getal intekenare het vir die jaar tot einde Maart met bykans 24% tot 12 miljoen toegeneem.

Telkom en Cell C het nou ewe veel kliënte. Telkom se getal kontrakkliënte is wel meer as Cell C s’n (2,6 miljoen teenoor 1,1 miljoen).

diensverskaffers

Cell C het in die jaar tot einde Desember ’n aansienlike 21% van sy voorafbetaalde kliënte verloor. Kontrakkliënte is eweneens 5% laer as die vorige jaar.

Vodacom het 6,1 miljoen kontrakkliënte, 4,2% meer as ’n jaar gelede terwyl MTN se totale getal voorafbetaalde kliënte nou 22,7 miljoen beloop.

As geheel het Suid-Afrika 16,1 miljoen kontrakkliënte teenoor 78,2 miljoen voorafbetaalde kliënte.

Meer oor:  Mtn  |  Cell C  |  Vodacom  |  Telkom  |  Tegnologie  |  Diensverskaffers  |  Simkaarte  |  Netwerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.